Vuurpyle tref ontruimingsarea in Oekraïne

Die oorskot van ʼn vuurpyl, met die woorde “vir ons kinders” in Russies daarop, langs die hoofgebou van ʼn treinstasie in Kramatorsk in die ooste van Oekraïne (8 April 2022) (Foto: Fadel Senna/AFP)

Liggame en sakke is op die grond gegooi buite ʼn Oekraïense treinstasie in Kramatorsk ná twee vuurpyle ʼn besige gebied vir vlugtelinge getref het.

AFP het vroeër in die oggend gesien hoe talle mense op die stasie toesak in ʼn desperate poging om te vlug voor Rusland die ooste van Oekraïne inval.

“Ek was in die stasie. Ek het ʼn dubbele ontploffing gehoor. Ek het na die muur toe gehardloop vir beskerming,” het ʼn vrou aan AFP gesê terwyl sy tussen die besittings op die grond na haar paspoort gesoek het. “Ek het gesien hoe mense, vol bloed, in die stasie inkom. Daar was oral liggame op die grond. Ek weet nie of hulle dood was of net beseer was nie.”

Twintig liggame, almal geklee in siviele drag, het buite die stasie langs mekaar onder plastiekdekens gelê.

Vier motors, wat uitgebrand het, is daar naby opgemerk. Die weermaggroen oorskot van ʼn vuurpyl, met die woorde “vir ons kinders” in Russies daarop, is langs die gebou opgemerk.

Die dodetal het deur die loop van die oggend gestyg en Oekraïne se SBU-veiligheidsdiens sê minstens 39 mense is dood, insluitend minstens vier kinders.

Kramatorsk is vroeër vandeesweek ook deur Russiese aanvalle getref, maar het andersins nog die verwoesting ontkom wat in ander Oekraïense stede opgemerk is sedert Rusland se inval.

Moskou het ontken dat hy betrokke was in Vrydag se aanval en beskuldig Kiëf dat hy doelbewus verantwoordelik was vir die aanval.

Oekraïense owerhede het vandeesweek gewaarsku dat die tyd binnekort verstreke sal wees om weswaarts te vlug.

Tasse en sakke het oral in die stasie rondgelê tussen menslike oorskot.

Staatsaanklaers in Donetsk het in ʼn verklaring gesê daar was ten tyde van die voorval ongeveer 4 000 burgerlikes by die stasie, hoofsaaklik vroue en kinders.

Alexander Kamyshin, hoof van Oekraïne se spoorwegmaatskappy, het vroeër gesê minstens 100 mense is beseer deur die twee vuurpyle. “Dit was ʼn doelbewuste aanval op passasier-infrastruktuur en die inwoners van Kramatorsk.”

  • Carte Blanche fokus Sondag 10 April op die konflik in die Oekraïne. Ná twee weke op die pad in Oos-Europa wat ʼn gevaarlike kruising na Oekraïne insluit, vertel Carte Blanche-vervaardiger Anina Peens en kameraman Pierre le Roux, die stories van die mense wat hulle langs die pad ontmoet het. Deur die span se lens kan hulle die stories vertel van burgerlikes se lewe in die oorlog waarvan die uitwerking reg oor die wêreld weerklink het. Onthou om in te skakel vir Carte Blanche op DStv kanaal 101 of die DStv-app elke Sondag om 19:00. Volledige episodes is ook op Catch-up beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alta Alleman

En SA regering dink dis nie nodig om teen Putin te stem nie.

Marius

Die gemors !!!

Pieter

Blykbaar is hierdie soort vuurpyl self deur Oekraiëne afgevuur, Rusland besit nie hierdie soort vuurpyl nie. Mens moet koelkop bly in hierdie konflik, veral omdat Oekraiëne se weermag uit Neo-Nazis bestaan en hul president ‘n korrupte akteur is. Toneelspeel is sy beroep. Die oorlog kan onmiddelik beëindig word as Russiese burgers in die Donbass nie meer vermoor deur Oekraïene word nie. Die konflik word aangeblaas en verkeerd voorgestel terwyl wapenverkope toeneem.

annie

Twintig liggame dadelik mooi langs mekaar onder plastiek… Nê? ‘n Vuurpyl maak nie so ‘n merkie as hy land nie. Hierdie toneelagentskap van Zolly gaan hom suur bekom. En antie EU is sommer dadelik daar om die lyke te besigtig. Alles veilig. G’n Rus naby nie. Phew! You can fool some of them some of the time and most of them most of the time, but not all of them all of the time. Geniet die riller!

wildtuin

Dis walglik en onbeskaafd. Daar moet egter elke kant van die saak gehoor word. Hierdie aanval het in ‘n area plaasgevind waar die mense Russies gesind is , een van die rebelle areas.