Vuurwapens by Nieu-Seelanders oorgekoop

Nieu-Seeland (Foto: Tākuta/Edward Hyde – FLICKR via Wikimedia Commons)

Die polisie in Nieu-Seeland het Saterdag vir die eerste keer vuurwapens oorgekoop nadat die land sekere vuurwapens verbied het ná ʼn dodelike aanval op twee moskees in Christchurch in Maart vanjaar.

Die polisie het gesê altesaam 224 verbode vuurwapens en 217 onderdele en bykomstighede is deur 168 eienaars ingehandig by die geleentheid in Christchurch. Vergoeding beloop NZ$433 682 (meer as R4 miljoen).

Mike Johnson, waarnemende distriksbevelvoerder van Canterbury, het gesê die houding van vuurwapeneienaars is “uitstekend” en “hulle het regtig deelgeneem aan die proses”.

Dit is die eerste van 258 beplande geleenthede wat landswyd oor die volgende paar maande sal plaasvind. Vuurwapeneienaars het tot 20 Desember om onwettige vuurwapens in te handig onder die amnestieooreenkoms ná semi-outomatiese en pompaksie haelgewere in April verbied is.

Die verbod kom minder as ʼn maand ná 51 persone dood en talle beseer is tydens ʼn skietery by die moskees in Christchurch.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Adri ·

Verduidelik asseblief, aan die hand van ‘n woordeboek wat “oorgekoop” beteken. Oorgeneem of gekoop, maar sowaar: OORGEKOOP???? Nee, regtig!

Slim Jan ·

Iets wat jy gekoop het maar jy nie meer (wettig) kan besit nie. Dit hoef nie gekoop te word nie omdat koop nie die kern behoefte is nie. Dan word dit oorgekoop en jy word verlos van jou posisie.

Ulrich Granzier ·

oorkoop
ww., het oorgekoop;
byv. oorgekoopte, oorgekoop.
B.d. oorspronklike eienaar koop: Die inwoners … wil nou hê die munisipaliteit moet hul huise oorkoop sodat hulle dié geld kan gebruik om elders ‘n huis te koop (Burg., 6 Sept. 1996, 11).

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

W ·

Nee nie soos die land dat die regering van die dag wette maak om mens te otwapen nie, hulle het kompensasie gekry vir sekere wapens, soos die AR15, wat gebruik was in die Christchurch skietery.

George in Bloem ·

Dis soos om jouself te laat steriliseer omdat jou buurman te veel kinders het.Wanneer sal dit tog deurdring na sekere mense dat mense mense doodmaak en nie messe,gewere,stokke of voertuie of enige ander wapen nie.En moet tog nie se die wapen maak dit maklik vir die malletjies nie want bomme maak baie makliker meer mense dood. As iemand van sy trollie af is en iemand wil vermoor sal hy op een of ander manier die wapen van sy keuse kry,wettig of onwettig.

johanII ·

Wat n simpel idee. Die krimineel het seker ook sy wapen gaan “verkoop” aan die polisie. Klomp gekke. 100% soos jy sê George in Bloem.

Johan ·

Die wêreld regerings is almal druk besig om die burgers te probeer ontwapen met allerhande nonsens stories. Dis die laaste stap van die nuwe wêreld orde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.