Vyf brandbestryders sterf toe hul werkers probeer red

Die toneel waar brandbestryders swoeg om ʼn brand by ʼn fabriek in Taoyuan City in Taiwan geblus te kry (28 April 2018). Reddingspogings het nog tot die volgende oggend geduur. Foto: Reuters/ANA

Minstens sewe mense, onder wie vyf brandbestryders, is dood toe hulle laat Saterdag deur vlamme vasgekeer is in ʼn brandende fabriek in die noorde van Taiwan.

Een fabriekwerker het in die gebou doodgebrand, terwyl ʼn tweede werker met ernstige brandwonde na ʼn hospitaal gehaas is, waar hy later ook gesterf het. Nog sewe brandbestryders veg tans om hul lewe nadat hulle ernstige beserings opgedoen het.

Volgens owerhede kan die dodetal verder styg aangesien reddingspogings by die fabriek steeds aan die gang is.

Die brand het by Chin Poon Industrial Co in Taoyuan City uitgebreek. Gedrukte stroombane word in die fabriek vervaardig. Dit is nie tans duidelik hoeveel werkers in die fabriek was toe die brand uitgebreek het nie.

Die toneel waar brandbestryders swoeg om ʼn brand by ʼn fabriek in Taoyuan City in Taiwan geblus te kry (28 April 2018). Reddingspogings het nog tot die volgende oggend geduur. Foto: Reuters/ANA

Meer as 180 brandbestryders, 67 brandweerwaens en talle ambulanse is na die toneel gestuur, het die stad se brandweerdienste gesê.

Die plaaslike TV-nuuskanaal, Focus Taiwan, berig die oorsaak van die brand word nog ondersoek, maar die Taoyuan-brandweerdienste het gesê daar was ʼn groot aantal en diverse chemikalieë in die fabriek wat hoogs vlambaar en plofbaar was. Volgens die nuuskanaal het die departement van binnelandse sake ʼn rampbestuurspan op die been gebring om te help met hulpverleningspogings vir almal wat deur die brand geraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

humor ·

180 Brandbestryders en 67 brandweerwaens. Hier is agtermekaar minisipaliteite en gewis baie goed opgeleide brandbestryders, en mense wat selfs hul lewe opoffer vir die lewe van ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.