Vyf sterf toe man op lughawe losbrand

Noodpersoneel Vrydag by die Fort Lauderdale-Hollywood Internasionale Lughawe in Florida, VSA. Foto: AP Photo/Wilfredo Lee

Noodpersoneel Vrydag by die Fort Lauderdale-Hollywood Internasionale Lughawe in Florida, VSA. Foto: AP Photo/Wilfredo Lee

Vyf mense is dood toe ʼn skieter Vrydag by die Fort Lauderdale-Hollywood Internasionale Lughawe in Florida, VSA, op reisigers losgebrand het.

Die plaaslike polisie het die vyf sterftes bevestig en gesê minstens agt mense is beseer en moes na ʼn hospitaal gehaas word. Die skieter wat by die bagasieband in Terminaal 2 op mense begin skiet het, is deur die polisie in hegtenis geneem.

Bill Nelson, Amerikaanse senator van Florida, het die skieter as die 26-jarige Esteban Santiago geïdentifiseer. Volgens Nelson het Santiago ʼn militêre identiteitsdokument by hom gehad. Hy is van New Jersey afkomstig. Volgens berigte het Santiago voorheen in die Amerikaanse weermag gedien en was ook voorheen in ʼn instituut vir geestesversteurings opgeneem.

Wetstoepassingsbeamptes Vrydag by die Fort Lauderdale-Hollywood Internasionale Lughawe in Florida, VSA. Foto: AP Photo/Wilfredo Lee

Wetstoepassingsbeamptes Vrydag by die Fort Lauderdale-Hollywood Internasionale Lughawe in Florida, VSA. Foto: AP Photo/Wilfredo Lee

Santiago het van Alaska na Minneapolis na Fort Lauderdale gevlieg op ʼn vlug van Delta-lugrederye. Die polisie het gesê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie, maar terreur kan nie uitgesluit word nie.

Die lughaweowerheid het op Twitter gesê dat alle bedrywighede tydelik opgeskort is. Die plaaslike polisie het op hul amptelike Twitter-blad gesê nog 37 mense is ná die skietery beseer en moes na ʼn hospitaal geneem word, onder meer weens paniekaanvalle en diabetiese kwessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Dit spreek moes boekdele as hy voorheen in ‘n instituut vir geestesversteurdes opgeneem was! Dit blyk asof hy permanent in so ‘n instituut opgeneem moet wees. Hy blyk ‘n gevaar vir homself en die samelewing te wees.

Oosie ·

Hy is deur ‘n paar lughawens. Lughawesekuriteit? Metaalverklikkers?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.