Vyf van Oekraïne op grens gedood

‘n Soldaat van Oekraïne staan wag op die grens tussen Oekraïne en Rusland. (Foto: STEPANOV / AFP)

Die Russiese weermag het Maandag bevestig dat hulle vyf “saboteurs” doodgemaak het wat van Oekraïne die grens na Rusland oorgesteek het.

Die voorval het naby die dorp Mityakinskaya in die Rostov-streek plaasgevind.

Die Russiese weermag het in ʼn verklaring gesê daar was geen ongevalle onder Russiese troepe of grenswagte nie.

Die hoof van Rusland se ondersoekkomitee, Alexander Bastrykin, het ʼn bevel uitgereik dat die voorval ondersoek moet word.

Oekraïne ontken daarteenoor dat Russiese magte vyf Oekraïense “saboteurs” wat na bewering die grens oorgesteek het om ʼn aanval uit te voer, doodgemaak het. Volgens die land het dit slegs nou die vrese vir ʼn algehele oorlog verhoog.

“Nie een van ons soldate het die grens met die Russiese Federasie oorgesteek nie, en nie ʼn enkele een is vandag doodgemaak nie,” het Anton Gerashchenko, ʼn amptenaar by Oekraïne se ministerie van binnelandse sake, gesê.

Rusland se binnelandse veiligheidsdiens (FSB) het ook Maandag gesê ʼn granaat wat uit Oekraïne afgevuur is, het ʼn waghuis in die Rostov-streek vernietig. Geen beserings is ook hier bevestig nie.

Die suidelike Rostov-streek het verlede week ʼn noodtoestand afgekondig oor ʼn verwagte toestroming van burgerlikes uit die rebellebeheerde gebiede wie se leiers ontruimingsbevele gegee het.

Maroela Media het vroeër berig Rusland het reeds meer as 150 000 troepe op Oekraïne se grens byeengebring en is klaarblyklik gereed vir ʼn algehele aanslag. Die VSA en Engeland dreig intussen met sanksies en militêre optrede teen Rusland, sou hy die land binneval.

Rusland se bewering verlede week dat hy van sy troepe uit die grensgebied met Oekraïne onttrek het, is deur die VSA as vals afgemaak.

Rusland se groot opbou van troepe, missiele en oorlogskepe naby Oekraïne word bestempel as Europa se ergste veiligheidskrisis sedert die Koue Oorlog.

ruslan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anton ·

Geen oorlog onder Trump nie maar nou dat die “adults” weer in beheer is ????

Thom ·

Trompie is sedert 1988 al op Rusland de betaalstate ___ hy sou hulle van meer moderne wapens voorsien het , teen n prys natuurlik.

casper ·

Putin gaan ddar ingaan en die Weste sal niks doen behalwe om op die kantlyn spreuke te skree nie !!

Ettienne ·

Die Ukrainians, is seker deesdae van die voorbeeldigste mense op aarde. … mensig selfs onder hoogsgespanne omstandighede sit hulle nie ‘n voet verkeerd nie…regtig.

Trump is “n maatjie van Putin.

Cobus ·

So wie glo mens nou? Rusland of die Oekraine? Die trant van die artikel wys dat Maroela Media eerder vir Rusland glo volgens die opskrif en inhoud.

annie ·

En nou wil Biden, soos die VSA vele male, onlangs in Sirië en voor dit in Afghanistan, Rusland takel en gryp wat te grype is onder onheilige pretensie. Tog net jammer dat diie VSA se geliefde wapen, die atoombom, die gasvelde, oliebronne, diamantvelde en gm-vrye lande buite bereik sal plaas vir die groot grypers, nou tuis op die rakke moet bly lê. Na Afghanistan gestroop is van poppiesap en edelgesteentes, is holderstebolder uitgestorm vir die groot prys up yonder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.