Vyf van trop leeus gevang wat glo meer as 200 vee vang, vreet

Argieffoto: Designerpoint, Pixabay

Romeo Muyunda, ʼn woordvoerder van die Namibiese ministerie, het bevestig dat vyf van die agt leeus gevang is wat glo meer as 200 vee in ʼn bewaringsgebied in die Kunene-distrik in dié land gevang en gevreet het.

Volgens Muyunda het die leeus aanvanklik eers gesamentlik 86 bokke en skape gevang voordat die diere “enkele dae later” ook 171 vee in ʼn private bewaringsgebied gevang het.

Muyunda het in ʼn onderhoud gesê die ministerie van landbou in dié land is steeds onverpoos besig om te soek na die ander drie leeus in die distrik.

Hy het gesê die ministerie neem mens-wildkonflik baie ernstig op en het gerugte ontken dat die ministerie nié in die belang van wildlewebewaring optree nie.

Muyunda kon nie gerugte bevestig of ontken dat boere van die distrik die oorblywende drie leeus doodgemaak het nie.

Mens-wildkonflik is ʼn groot kopseer in Namibië en die ministerie werk glo hard aan verskeie maniere om die probleem op te los.

Muyunda het bevestig dat die vyf leeus binnekort verskuif sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sak ·

8 Leeus vang 171 Stuks vee in “enkele dae”. Baie honger leeus…….

De Villiers ·

Ek wonder net hoekom loop daar so baie vee in ‘n bewaringsgebied. As daar meer as 200 stuks vee in dié gebied gevang is, hoeveel vee moet daar dan rond loop? Word die omgewing dan regtig bewaar?

Kajeema ·

” Sal beter wees hulle soek vir `n slang in die gras,”

Andre ·

Die nommers is seker aangepas vir moontlik skade vergoeding van die regering. Wat probeer hulle bewaar? Dis ‘n bewaringsgebied maar dis vol bokke en skape wat skade aanrig as hulle nie beheer en bestuur word nie. Jy kan ook uitwerk hoeveel diere per hektaar moet toe gelaat word voor oorbewyding en hulle skade. aanrig. Nee wat, die probleem is te veel mense!!

Remondo ·

Jissem daai is darem Hongfer leeus daai , seker nie moeilik gewees om hulle te vang nie pense seker gesllep…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.