Vyfjarige bied sy eie medalje aan Olimpiese bokser

Finn McManus se brief aan Michael Conlan (Foto: Meadhbh McManus)

Finn McManus se brief aan Michael Conlan (Foto: Meadhbh McManus)

Die Ierse bokser Michael Conlan het nie ʼn medalje by die Olimpiese Spele gewen nie ná sy omstrede uitskakeling in Rio, maar in ʼn jong aanhanger se oë is hy steeds ʼn wenner.

Conlan, die kapokgewig-wêreldkampioen, het kapsie gemaak ná beoordelaars hom glo “van sy medalje beroof het” teen die Rus Wladimir Nikitin.

Daar heers tans groot ontevredenheid oor die beoordelingstelsel in Rio en die reguleringsliggaam vir boks, AIBA, het Woensdag beslis dat beoordelaars en skeidsregters wat by die omstredenheid betrokke was, nie verder betrokke mag wees by die Olimpiese Spele in Rio nie.

Conlan het in 2012 in Londen ’n Olimpiese bronsmedalje verower.

ʼn Vyfjarige van Dublin het intussen ʼn hartroerende brief aan sy held gestuur, en sy skoolmedalje as ʼn troosprys aangebied. “Ek wil hê jy moet my skoolmedalje vat, want jy is ʼn wenner,” het Finn McManus aan Conlan geskryf. “Ek het jou geveg in Rio gesien en jy moes gewen het, want jy is die beste bokser in die wêreld.”

Die bokser het op Twitter reageer en gesê dit is ʼn “hartroerende” boodskap. Hy het sy Twitter-volgelinge gevra om hom te help om Finn op te spoor en verduidelik hy het ʼn geskenk vir dié jong aanhanger.

Die seun se ma, Meadhbh McManus, het aan BBC News gesê sy is “oorweldig” deur die reaksie van die publiek en die bokser.

Finn het die medalje verower tydens ʼn sportdag by sy skool.

Hy het Dinsdag ná Conlan se nederlaag sy ma gevra of hy sy eie medalje kan skenk en sy sussie, die negejarige Lily, gevra om die briefie namens hom te skryf. Meadhbh het daarna die foto van Finn se medalje en Lily se handgeskrewe briefie in ʼn privaat boodskap na Conlan se Facebook-blad gestuur.

ʼn Sosialemedia-storm is egter ontketen nadat Meadhbh se broer die boodskap op Twitter gedeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rasputin ·

Die Iere, en Michael Conlan self, maak ‘n groot ophef van die storie, maar hy moet maar lig loop vir die Brasiliaanse en Russiese mafia. Daar was baie geld op Wladimir Nikitin verwed. Tyd om weg te loop van die ding Michael, voor jy lewend in sement begrawe word.

poot ·

Die kind skryf darem maar mooi vir ‘n 5 jarige. Wonder maar net.

Jeanne ·

SY SUSSIE die 9 jarige LILY het die brief namens hom geskryf.

Gerhard ·

poot, jy moet miskien die hele atikel lees voordat jy kommentaar lewer

Piet ·

Poot jy moet mooi lees want hulle sal jou skrywe of delete, of die ander skywers sal jou gas gee! Ek dink nie die russiese mafia moet n maklike teiken verwag nie! Die Ierre vat ook nie twak nie. Tog n oulike storie.

Ai toggie ·

Oulike artikel.
‘n Vragie Maroela lesers. Waarom is ons ou Afrikaner nasie tog so aanvallend teenoor mekaar?

Karma ·

Sjoe wat ‘n naam vir ‘n vrou: Meadhbh???? Hoe op dees aarde spreek mens dit uit? Meedibhuh??? In elk geval, wat ‘n regtige “Awwwww ….”-berig was dit nie!

poot ·

Gerhard & Piet
Ek dink julle het die ma se Tweet gemis waarin sy beweer dat haar kind van 5 die brief geskryf het. Wie berig nou eintlik hier verkeerd? Die ma of Maroela. Ek bly by my standpunt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.