Vyfjarige met breingewas gevind

Ashya King en sy ma,  Naghemeh King Foto: Facebook

Ashya King en sy ma, Naghemeh King Foto: Facebook

Die vyfjarige seuntjie van Engeland wat ‘n breingewas het en sonder toestemming deur sy ouers uit ‘n hospitaal geneem is, is in Spanje gevind.

“Ashya King is in ‘n hotel sowat 3km van de Velez Malaga opgespoor en is in die hospitaal opgeneem,” het die polisie bevestig. “Sy ouers is in hegtenis geneem.”

Ashya se ouers is Jehovah se Getuies en hulle het hom Donderdag sonder toestemming uit ʼn hospitaal in die suide van Engeland geneem en glo met ʼn veerboot na Frankryk gereis.

Interpol het vroeër ʼn kennisgewing van ʼn vermiste persoon uitgestuur op versoek van die Britse polisie.

Die seuntjie het sewe dae gelede ʼn groot operasie ondergaan.

Jehovah se Getuies is daarvoor bekend dat hulle, weens godsdienstige oortuigings, nie bloedoortappings aanvaar nie. Hulle aanvaar ander mediese prosedures.

Lees ook:
Vyfjarige met breintumor glo deur ouers “ontvoer”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ansie ·

Bly hulle is gevind en dat die seuntjie behadeling kan kry wat hy verdien. Hoop hy word gesond. En die ouers …. Ongeag hul geloof, gun jul kind ‘n toekoms. Wie weet hy is dalk die volgende briljante dokter of iets.

Desmond ·

Nie te haastig kritiseer nie, gaan lees die hele berig… Hul mediese stelsel NHS kon niks verder vir die seun doen nie en die ouers wou ‘n ander tipe navorsings projek gebruik om hul kind te probeer help. Die hospitaal wou die kind nie ontslaan nie, maar die ouers kan ook nie net toekyk nie…

“Prior to the arrest, Mr King appeared with his son in a video posted on YouTube, asking people to “call off this ridiculous chase” and explaining that he wanted to take Ashya to Prague for proton beam therapy, which is not available on the NHS.

It is not known when the video, which shows Mr King sat on a bed with his son in his lap, was recorded.

Ashya was receiving treatment for a brain tumour

In the video, Mr King claims he and his wife decided to remove their son from the hospital because the doctors “didn’t have my interests or my son’s interests at all,” in relation to Ashya’s cancer treatment.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.