Vyfjarige met breintumor glo deur ouers “ontvoer”

Ashya King en sy ma,  Naghemeh King Foto: Facebook

Ashya King en sy ma, Naghemeh King Foto: Facebook

ʼn Vyfjarige seuntjie van Engeland met ʼn breintumor wat sonder dokters se toestemming uit ʼn hospitaal geneem is, kan moontlik nou in Spanje wees.

Die polisie in Engeland het Saterdag gesê hy het “positiewe inligting” ontvang dat Ashya King en sy gesin in die Marbella-gebied in Spanje kan wees.

Ashya se ouers is Jehovah se Getuies en hulle het hom Donderdag sonder toestemming uit ʼn hospitaal in die suide van Engeland geneem en glo met ʼn veerboot na Frankryk gereis.

Die polisie in Frankryk en Engeland is op soek na die kind en ʼn Franse staatsaanklaer het gesê die kind is effektief “ontvoer”.

Interpol het ook ʼn kennisgewing van ʼn vermiste persoon uitgestuur op versoek van die Britse polisie. Hulle het ook gewaarsku dat die batterye van sy voedingstelsel teen Vrydag pap sou wees.

“Ons is desperaat om Ashya op te spoor,” het Chris Shead, adjunkhoof van die polisie in Hampshire, van waar die seun geneem is, gesê. “Dit is baie belangrik dat ons hom opspoor en seker maak dat hy mediese behandeling ontvang.”

Shead het gesê dit is nie duidelik of die King-gesin enige spaarbatterye vir die masjien het wat kos aan Ashya verskaf nie en dit is ook nie duidelik of hulle weet hoe om die battery te herlaai nie.

Die seuntjie het sewe dae gelede ʼn groot operasie ondergaan.

Jehovah se Getuies is daarvoor bekend dat hulle, weens godsdienstige oortuigings, nie bloedoortappings aanvaar nie. Hulle aanvaar ander mediese prosedures.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

"Huh!" ·

@Red’n lewe, jy verstaan duidelik nie wat mens ter wille van jou geloof sal doen nie. Lees jy nie jou Bybel nie? Van so vroeg as Abraham se tyd was daar gelowiges wat deur hul geloof hul kinders se lewens geneem het. Abraham het dit nou wel vrygespring deurdat die VADER vir hom ‘n bok voorsien het, maar wat van Jefta? Hy was nie so gelukkig nie. Hy moes sy dogter as brandoffer gee. Gaan lees gerus Rigters 11.

Jy sien, die punt wat ek hier wil maak, is om iemand uit te los as hy in geloof optree. Die egpaar ter sprake se geloof verbied hulle ‘n bloedoortapping vir hulle kind. Ek glo nie dit is vir hulle maklik om hulle kind te sien ly nie, net soos dit ook nie vir Abraham en Jefta was om hulle kinders te sien ly op die brandstapel nie.

Hoeveel Boerevrouens het hulle kindertjies aan die dood afgegee toe hulle verseg het om onder die Engelse druk mee te gee, en hulle mans aangemoedig het om nie handdoek in te gooi nie? Hulle het ook uit geloof opgetree.

Nina ·

So, nou moet ‘n kind doodgaan agv OUERS se geloofsoortuiging? BELAGLIK! En HUH, ek hoop werklik JOU kinders het darem die reg om self te kies wanneer hulle verdomp wil toilet toe wil gaan. Pateties. Huh is seker wat jy gereeld kwytraak. Foeitog.

"Huh!" ·

Nina, ja, my kinders kies darem wanneer hulle toilet toe wil gaan, maar as dit by geloofsake kom, dan kies ek.

Jy sien, van die vroegste tye af is die meeste oorloë wat gevoer was, oor geloof. En behalwe dit, het ek ‘n verantwoordelikheid teenoor my kinders om hulle streng in geloof groot te maak. Ek is nie ‘n Jeovah nie, daarom staan my toiletdeur heel dag oop vir my kinders.

Interessant, ek het nooit geweet Jehovah-gelowiges se kinders kan slegs met hulle ouers se toestemming toilet toe gaan nie.

Duisende mense is al ter wille van hul geloof doodgemaak, en ek hoop die dag as ek moet kies, dat ek sterk genoeg in my geloof sal wees om daarvoor te sterf.

Red 'n Lewe ·

As dit jou kindjie was, sou jy hom eerder laat sterf het, bygese, as jy ‘n Jehova-getuie was?

Ansie ·

Nina, ek stem saam, die kind het sekerlik ‘n kans vir oorlewing. Soms moet ouers bietjie terug staan en DINK. Hoop hy word gou gevind en kry behandeling.

Lynni ·

Huh, jy wil dit seker ni hoor ni, maar di staat is jou kind se oppervoog. Alle lande. Daarom kan hul besluit oor mediese sorg vir jou kind. Maak ni saak watter geloof jy aan behoort ni.

marelize ·

Ek verstaan nie die polisie en medici se ingryp en skielike besorgdheid oor die kind nie.

Sou dieselfde ouers 6 jaar gelede oor dieselfde kind besluit het om ‘n soortgelyke keuse uit te oefen (deur die swangerskap met aborsie te beëindig), dan is dit die ouers se goeie reg om die besluit te neem en deur te voer. Geen polisiebeampte of dokter sou hulle keer nie.

Nou skielik wil almal die ouers se gesag, se reg, ondermyn….???!!!

"Huh!" ·

@ Lynni, die staat is nie verhewe bo my God nie, en ek sal ook baklei as dit ter wille van my geloof raak.

"Huh!" ·

@ Red ‘n lewe, ek het jou geantwoord, maar lyk of Maroela my kommentaar geblok het. Dalk plaas hulle dit weer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.