Vyfjarige sal vir sy glimlag onthou word

Cannon Hinnant (Foto: Stephen-Gwen Hinnant/Facebook)

ʼn Vyfjarige van Noord-Carolina in die VSA wat doodgeskiet is toe hy in sy erf gespeel het, het ʼn groot glimlag en ʼn groot hart gehad, het sy oupa by sy begrafnis gesê.

Talle persone het opgedaag om Cannon Hinnant se afsterwe te betreur tydens sy begrafnis Donderdagaand. Cannon is verlede Sondag dood toe hy op sy fietsie in die gesin se oprit gery het.

“Cannon was die tipe kind wat altyd hoflik was, ʼn rustige kind, ʼn mooi klein kindjie,” het Merrill Race, Cannon se oupa, gesê, aldus WRAL-TV.

Daryl High het gesê die seuntjie was altyd ʼn vreugde in die Sondagskool. “Hy het ʼn groot glimlag gehad. Hy het ʼn groot persoonlikheid gehad. Mens kon nie help om verander te word deur Cannon nie,” het High bygevoeg.

Cannon se pa, Austin Hinnant, het aan die Wilson Times gesê sy seun het saam met sy sussies buite gespeel toe hy ʼn geweerskoot gehoor het. Hy het buite toe gehardloop en sy seun het op die grond gelê. Toe hy hom in sy arms optel, het hy besef sy seun het ʼn skietwond aan sy kop. “Dit is wat so verskriklik is vir my,” het Hinnant gesê. “Hy het gedoen waarvoor hy lief was.”

ʼn 25-jarige buurman, Darius Nathaniel Sessoms, word beskuldig van Cannon se moord.

Hinnant het aan die koerant gesê hy en Sessoms was altyd vriendelik met mekaar en hy het gereeld gaan inloer by Sessoms se ouers, wat langs hulle bly.

Die aand voor die skietery het hy Sessoms in sy motor sien sit, “asof hy aan baie dinge dink”, en wou weet of Sessoms iets te ete wou hê. Die twee het ʼn bier op die stoep gedrink. Hy het nie ʼn idee gehad wat voorlê nie.

“Ek weet glad nie hoekom hy dit gedoen het nie. Dit was absoluut onverwags. Hy het ʼn geweer teen my seun se kop gedruk en hom geskiet.”

Hinnant het gesê die familie is dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning, maar hy is ontsteld oor sosialemediaplasings wat dit laat blyk dat ras ʼn faktor gespeel het. “Dit is nie ʼn rassevoorval nie,” het Hinnant aan die Wilson Times gesê. Cannon was wit en Sessoms swart. “Dit maak nie saak watter kleur nie, manlik of vroulik nie, hy was lief vir almal,” het hy oor sy seun gesê.

Sessoms se ouers glo hul seun was onder die invloed van dwelmmiddels en het gehallusineer tydens die skietery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarel ·

Dwelms …. geen versagting nie. Eonder of dit een van die State is wasr doodstraf nog van toepassing is.

Sobymykoolkop ·

En as dit omgekeerd was? Dan het die wéreld blf geskreeu en als afgebrand, natuurlik is dit n rasse voorval

JohanR ·

Jammer…..soos Xander Bylsma, maak nie saak wat in jou kop aangaan nie, as jy ‘n meisie met ‘n tou om haar nek oor ‘n balkon gooi, of ‘n geweer teen ‘n seuntjie se kop sit weet jy nog presies wat jy doen.

koos10 ·

Snaaks, die Floyd ding het ook nie met ras tedoen gehad nie, maar is bitter vinnig as ras verander.

Hoekom ·

Wonder wat sê die “foreign affairs” krieket spelers hier van. Gaan hulle ook die knie buig en vuis in die lug gooi vir die moord van hierdie seuntjie?

JohanR ·

Moet onthou hierdie krieket knie buig ding hier in SA is begin deur daai rassis Lungi Ngidi. Rerig verbaas in al die tyd dat niemand HOM uitgewys het as ‘n rassis!

Niklaas ·

Nou wat sou ons gehoor het van die BLM brigade as dit andersom was? Die blanke seun is gedood deur ‘n swartman. Dis duidelik nie oulik of mode om WLM (white lifes matter) uit te roep nie. Eintlik is dit besonder onbillik.

Rhona ·

As Sessoms enigsins iets vir ander gevoel het sou hy nie daardie kind n kopskoot gegee het nie. Hy sou homself geskiet het. Moenie dwelms, drank of wat ook al blameer nie. Sluit hom toe en gooi die sleutel weg. Bad blood.

Hennie ·

Jammer ou maat, maar BLM het dit nou ‘n rasse voorval gemaak. Swartvop witceassisme…

johanf ·

Ja, BLM, wat sal die voorval genoem word, as dit my seuntjie was, sou Sessoms sy gat gesien het, en ek my laaste jare in die tronk deurgebring het, dis verseker…..
My innige simptie aan die ouers, sussies en familie, mag julle Vertroosting van Bo ontvang…..!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.