Vyfjarige sterf ná vis teen haar vasspring

Die Rippy-gesin. Jaylon is link agter. Foto: Facebook

Die Rippy-gesin. Jaylon is link agter. Foto: Facebook

ʼn Vyfjarige meisie van Florida in die VSA is dood nadat ʼn vis teen haar vasgespring het terwyl sy en haar gesin op ʼn boot op ʼn rivier gevaar het.

NBC News berig Jaylon Rippy is dood nadat ʼn steur, ʼn groot primitiewe vis, uit die water gespring en haar getref het. Volgens die berig het die voorval Donderdag op die Suwannee-rivier plaasgevind.

'n Steur spring uit die water.

‘n Steur spring uit die water.

Jaylon se ma, Tanya, en haar negejarige broer, Trevor, is tydens die voorval beseer en is per helikopter na die Shands-hospitaal in Gainesville vervoer.

Volgens die berig spring dié soort steur wat in die Suwannee-rivier voorkom, gereeld hoog uit die water uit en kan hulle tot 2,4m lank word en tot 90kg weeg. Drie mense is reeds vanjaar in Florida deur die visse beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

toeval? ·

Wat gaan aan met die natuur? Leeu byt vrou dood….dolfyn spring op boot en breek vrou se enkels….vis spring uit water en val n dogtertjie dood…..buffel gaffel toeris met sy horings…ek lees nou daagliks van sulke voorvalle…selfs die mense se honde wat hulle skielik byt!!??

Elizabeth ·

@Toeval? Nee jong dis nie ‘n toeval nie dit is ‘n teken dat die einde naby is. Dis mos eintlik baie ongewoon vir leeus om mense aan te val (was veral baie ongewoon honderde jare terug toe ons nader aan die natuur geleef het), honde byt ook nie hul eienaars nie, veral nie Vegbultteriers nie die inderdaad nie iets wat mens gereeld in die koerant lees nie. Ek dink die einde is hier.

Peet Schabort ·

Ons sal nie weet nie Elizabeth maar ons is beslis besig om die wette van die natuur al meer en meer te oortree hetsy wetend of onwetend.

Chris ·

Wat Elisabeth sê is waar. As jy in n leeu se omgewing is en jy sorg nie dat jy veilig is nie gaan hy jou vreet. Vegbulterriers is veg honde en hulle val mense aan ons vergeet soms daarvan. As mens op die see is en daar spring dolfyne is die kaans daar dat hy op die boot kan beland. So dis normaal die dinge wat gebeur, ons mense is die oorsaak daarvan omdat ons nie die natuur se reels nakom nie.

Pieter ·

Hierdie visse is nie natuurlik daar nie en is klassifiseer as “alien species” Wanneer ‘n boot op spoed nader kom, spring hulle uit die water en land gereeld in die boot. In hierdie geval is dit ‘n groot vis wat uit die water spring, en ‘n klein liggaampie op ‘n boot wat teen spoed naderkom, en as dit haar in die gesig tref, is haar nek af. Soos jy sê, Peet, ons (mensdom) het die natuurwet oortree deur die visse daarheen te neem. Die res is bloot ‘n fratsongeluk. Steeds tragies.

Christie Joubert ·

Smaak my, tot die natuur is nou al gatvol vir ons mense se nonsens!

Pendoring ·

Hierdie is nie tekens van die eindtye nie, dis net ‘n logiese uitvloeisel of nadraai van wat gebeur as die mens in sy “wysheid” dink hy kan verbeter op die Skepping. Dit gebeur al vir duisende jare. Los ‘n vreemde vis in ‘n ander omgewing as sy eie en hy gaan of vrek of aanteel. As die kondisies goed is sal hy vervuil. Google Australië se foute wat hulle met die natuur gemaak het. Sien rietpaddas en hase. Ongelukkig is die mens (dogtertjie) altyd ‘n slagoffer van sy eie onkunde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.