Vyftien beseer toe brandweerwa in eetplek inry

Foto: AFP

Foto: AFP

Minstens vyftien mense is beseer toe twee brandweerwaens oppad na ‘n brand in Los Angeles teen mekaar gebots en die een toe in ‘n eetplek ingejaag het. Een persoon is ernstig beseer, en vyf van die beseerdes is brandweermanne. Een van die beseerdes is op die sypaadjie omgery.

Die ongeluk het ongeveer 15:00 Los Angeles-tyd in die buitewyke van Los Angeles gebeur.

Een van die gaste in die restaurant vertel dat die slag so groot was dat hy eers gemeen het dit is ‘n aardbewing.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Bron: AP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.