Waardevolle tiara uit museum gesteel

Die tiara wat gesteel is.(Foto: Badisches Landesmuseum Karlsruhe/AP)

ʼn Waardevolle tiara wat dateer van die begin van die 20ste eeu, is uit ʼn nasionale museum in Duitsland gesteel.

Die tiara is in ʼn geslote vertoonkas in die Badisches Landesmuseum in Karlsruhe se troonsaal uitgestal. Museumpersoneel het op 29 April ontdek dat die tiara nie meer in die kas is nie en die plaaslike polisie is sedertdien na die waardevolle stuk op soek.

Dié tiara is met 367 diamante versier en is ongeveer €1.2 miljoen, of sowat R17,9 miljoen, werd. Dit het aan die hertogin Hilda van Baden (1864-1952) behoort. Die tiara is klaarblyklik aan die begin van die 20ste eeu gemaak.

In ʼn soortgelyke voorval in Maart vanjaar is ʼn waardevolle munt van 100 kg uit die Bode-museum in Berlyn, ongeveer 600 km van Karlsruhe, gesteel.

‘n Foto van die hertogin Hilda waar sy die tiara dra. (Foto: Badisches Landesmuseum Karlsruhe/AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.