ʼn Russiese galery sê een van sy veiligheidswagte word daarvan beskuldig dat hy ʼn 20ste eeuse avant-garde-kunswerk beskadig het, nadat hy met ʼn pen oë op die abstrak skildery geteken het.
Die skildery deur Anna Leporskaya, ʼn student van die legendariese kunstenaar Kazimir Malevich, is gevandaliseer terwyl dit op uitstalling was by die Jeltsin-sentrum in Jekaterinburg.
Die skildery, “Drie figure”, dateer uit die 1930’s en is vir 75 miljoen roebels (sowat R14,7 miljoen) verseker. Oë is met ʼn balpuntpen op die twee gesiglose figure geteken.
Die Jeltsin-sentrum se waarnemende direkteur, Alexander Drozdof, het gesê die oë is op die skildery geteken deur “ʼn werknemer van ʼn privaat sekuriteitsmaatskappy”.
Die versekeringsmaatskappy en die hoof van Moskou se Tretjakof-galery het die skildery aan die Jeltsin-sentrum geleen en is “onmiddellik in kennis gestel”.
Die skildery is verwyder en aan Moskou teruggestuur. Dit is intussen ten volle gerestoureer.
Anna Reshetkina het aan die nuuswebwerf Ura.ru gesê dit was die veiligheidswag se eerste dag by die werk. “Ons is onseker wat hy gedink het,” sê sy.
Die Jeltsin-sentrum het vroeër ontken dat sy werknemers betrokke was. Die galery het aanvanklik laat in Desember die voorval aangemeld, maar die polisie wou nie ondersoek instel nie. Hulle het gesê die skade, sowat 250 000 roebels (byna R50 000) is “nie beduidend nie”.
Ná die ministerie van kultuur egter ʼn klag aanhangig gemaak het by staatsaanklaers, het Jekaterinburg se polisie ʼn saak van vandalisme ondersoek.
Die identiteit van die veiligheidswag is nie bekendgemaak nie. Hy kan ʼn boete of drie maande tronkstraf opgelê word.
Costly affair of $ 1 Million ????????
A security guard on his first day of job got bored and drew two pairs of eyes with a ballpoint pen into artist Anna Leporskaya's 'Three Figures' painting worth $1Million.
This happened during an abstract art exhibition in Western Russia. pic.twitter.com/3VaH0Rywwv
— Dr Durgaprasad Hegde (@DpHegde) February 10, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Ongelukkig lyk dit nou nogal oulik.
Ook maar min tussen die ore… :-)
Niemand hou van kommuniste se “kuns” nie. Welgedaan aan die man.
Ek sou ook oë geteken het. Dit maak net absoluut sin vir my :)
Ek kan nie help om te lag nie! Dit klink soos ñ kind wat dit snaaks gevind het dat die mannetjies nie ogies het nie en toe besluit dat daar ogies moet opkom en dit toe sommer opgeteken het????