Mark Wahlberg sal die $1,5 miljoen, wat hy ontvang het om tonele van All the Money in the World oor te skiet, aan ʼn regsverdedigingsfonds vir vroue skenk nadat dit aan die lig gekom het dat sy mede-ster, Michelle Williams, minder as $1 000 vir dieselfde werk ontvang het.
“Die geld wat ek vir die oorskiet van die tonele vir All the Money in the World gekry het, was die afgelope paar dae ʼn belangrike onderwerp,” het Wahlberg Saterdag op Twitter gesê. “Ek ondersteun 100% die stryd om gelyke betaling en ek skenk dus die $1,5 miljoen aan die Time’s Up Legal Defence Fund in Michelle Williams se naam.”
Regisseur Ridley Scott het tonele uit die ontvoerdrama in November oorgeskiet, net ʼn maand voor dit vrygestel sou word as gevolg van ʼn reeks seksuele aanrandingsklagtes teen een van die akteurs, Kevin Spacey. Spacey is vervang deur Christopher Plummer en Scott het in daardie stadium glo gesê die fliek se ander sterre het ingestem om die tonele gratis oor te doen.
USA Today het egter Dinsdag berig Wahlberg het $1,5 miljoen ontvang vir die werk wat hy oor 10 dae gedoen het, terwyl Williams slegs $80 per dag ontvang het.
Wahlberg en Williams word deur dieselfde agentskap verteenwoordig.
Die Time’s Up-veldtog is in Januarie deur ongeveer 300 vroue in die film-, televisie- en teaterbedryf op die been gebring. Die organisasie verskaf finansiering vir regsgedinge aan vroue wat in die werksplek seksueel geteister of aangerand is.
Ek vertrou dat sy eerstens van haar agent onstlae sal raak en by Julia Robberts of Charlize sal aanklop vir raad.
Die vergoeding is wat die twee aan betref baie simplisties gestel, dit laat my aan Julius se denke dink. Wie bring wat na die tafel toe, wie trek die mense na die loket toe? Hoe in aanvraag is daardie persoon. En Vin Diesel, The Rock?
Ek skryf boeke en dring nou daarop aan om dieselfde vergoeding per boek as Deon Meyer te kry!!!
Dit is die hele punt.
En kyk net wat het Gal Gabot (Wonder Woman) in 2017 verdien, sy was na Vin Diesel en Dwayne 3 de op die lys van die hoogs betaalde van by die R17,5 miljard! (Die eerste twee het elk so R20 mijlard verdien.)
Enige iets vir ‘n bietjie onbelangrike sensasie en aandag.
Dit is goed dat hulle sorg dat vroue in daardie industrie gerespekteer word. Ek hoop dit sluit in om die vroue wat hulself goedkoop maak ook uit die industrie te verjaag saam met die mans wat dit doen.
Watter van die twee se gesig en uitdrukking gaan jou na die loket lok? Mary Poppins wat in rillers speel, dalk in ‘n Dracula fliek? Wie gaan daarop geld uitgee?
En alles oor geld oftewel ‘all the money in the world’. En ek lees eers ‘all the monkey in the world . . . ‘
Ha ha. Hoop nie jy het ‘n winkel nie, en ek hoop nie die EFT’s hoor van jou winkel nie. Hel, ‘n mens mag deesdae nie eers meer iets sê wat bloot onskuldig is nie.
Ek se daar moet grade gestel word en dan volgens dit betaling kry en die nonsens van womans rights fathers rights en brother rights is bog as jy die werk doen en goed doen ja kry dan betaling vir jou werk nie jou kwalifikasies nie want hier is mense met hoge geleerdheid maar kan dit nie reg kry om eers n kar te bestuur nie hulle moet die minste betaal word
Ek hoop maar die foefie vlieg gou verby, klom rykmense met te veel geld.
Volgende maand is dit weer iets anders…