Wasgoed was is deel van sy borgtogvoorwaardes

Argieffoto (Foto: Igor Ovsyannykov/Pixabay)

ʼn Man van Indië wat van poging tot verkragting beskuldig is, is vrygelaat op borgtog op voorwaarde dat hy die klere van al die vroue in sy dorp vir ses maande lank moet was en stryk.

Lalan Kumar (20) sal self die seep en ander items moet koop om ses maande se gratis wasgoeddiens te lewer vir sowat 2 000 vroue in Majhor in Bihar, kragtens die uitspraak wat Woensdag gelewer is.

Kumar, wat klere vir ʼn lewe was, is in April in hegtenis geneem op aanklag van poging tot verkragting, het Santosh Kumar Singh, ʼn polisiebeampte van Madhubani in Bihar, aan AFP gesê. ʼn Datum vir sy hofsaak is nog nie bepaal nie.

“Al die vroue in die hof is tevrede met die besluit,” het Nasima Khatoon, hoof van die dorpsraad, aan AFP gesê. “Dit is ʼn geskiedkundige gebeurtenis. Dit sal respek vir vroue verhoog en hulle menswaardigheid beskerm.” Khatoon sal Kumar se voorwaardes monitor.

Vroue in die dorp sê die uitspraak het ʼn positiewe impak gehad omdat misdaad teen vroue nou ʼn gesprekspunt is in die gemeenskap. “Dit is ʼn merkwaardige stap en ʼn ander tipe straf wat ʼn boodskap stuur aan die samelewing,” het Anjum Perween gesê.

Indië se verkragtingswette is hersien ná ʼn groepverkragting in New Delhi, maar die getal oortredings bly hoog met meer as 28 000 verkragtings wat in 2020 aangemeld is. Die polisie word daarvan beskuldig dat hulle nie genoeg doen om gewelddadige misdaad te voorkom nie en dat hulle versuim om sake van seksuele aanranding hof toe te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Snowball ·

Wat van 6 maande tronkstraf? Waar hy dieselfde kan beleef as waaraan hy skuldig is. Hy gaan ‘n paar werkers aanstel om hom te help wasgoed was- wat ‘n simpel, belaglike straf. Gaan hy volgende keer slaag om iemand te verkrag en dan die 2000 vrouens se huise skoonmaak?

john ·

6 maande tronkstraf lewe hy op die staat se onkoste. werkers an te stel kos geld wat hy seer seker nie het nie 6 maande nie inkomste nie maar moet alle voorade self koop die tronk sal baaie makkliker gewees het vir hom

Snowball ·

Wie gaan sy straf monitor? Die wasgoedpolisie? Tronke is daar vir misdadigers, strawwe wat uit die duim gesuig word beteken niks. Hoe haalbaar is 2000 mense se bondels wasgoed vir 6 maande, en wat gebeur as hy nie byhou nie, gee hulle hom nog 6 maande se wasgoed? Dis versimpeld verby.

Francois Le Cochon ·

Dis soos Ouma van Molteno wat elke dag 20 ton beskuit moet bak. -“Dip ‘n Ouma”.

Bushy ·

Belaglik, maar net nog n bewys dat mense kan nie dink nie, en hoekom wiskunde vaardighede so noodsaaklik is. Al werk hy 12 ure per dag aanmekaar het hy SLEGS 21 SEKONDES per persoon vir ontvangs, was stryk en terug handiging. En al gee die 2000 elk slegs 1 ITEM PER WEEK het hy Dan 105 SEKONDES aldus 1 MINUUT 45 SEKONDES per persoon. Dis tyd dat nie net wiskunde nie maar logika prioriteit geniet in die opvoedkundige stelsels. Ek lees sulke nonsens op n daaglikse basis selfs van professionele mense.

Dahlia ·

Hy het sy eie wasgoeddiens wat hy bedryf en sal net meer werknemers moet aanstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.