Week in foto’s

Intieme, spesiale en dikwels opspraakwekkende oomblikke – vasgevang in ʼn enkele foto. Kyk hier in foto’s na sommige van die wêreld se nuusgebeure.

(Foto: Erik Gomez Tochimani/AFP)

Mexiko – Die Popocatépetl-vulkaan net buite Mexikostad het volgens inwoners die afgelope week daagliks gedreun. Wetenskaplikes het honderde klein uitbarstings aangeteken en webkameras wat op die vulkaan aangebring is, het gewys dat gloeiende materiaal uitgespoeg word.

Volgens wetenskaplikes in die land is dit onmoontlik om te bepaal hoe lank die aktiwiteit sal duur en of dit tot ʼn moontlike groot uitbarsting gaan lei.

Kenners meen die vulkaan bekend as El Popo gaan wel vroegtydig behoorlike waarskuwings uitstuur aan die miljoene mense wat deur ʼn uitbarsting geraak kan word. (Foto: Erik Gomez Tochimani/AFP)

(Foto: Andreas Solaro/AFP)

Italië – ’n Man van Ghibullo, naby Ravenna in Italië, probeer om met ʼn leer en ʼn tou na veiligheid te vlug terwyl sy neef – halflyf onder die water – toekyk. Die dodetal weens oorstromings in Italië het Woensdag tot 15 gestyg. (Foto: Andreas Solaro/AFP)

Serwië – Duisende Serwiërs het Donderdag ʼn massagebedsgeleentheid bygewoon wat opgedra is aan 18 mense wat vroeër die maand in twee skietvoorvalle in Belgrado dood is. “Spasovdan”, Belgrado se heilige optog-dag, is vanjaar aan alle slagoffers van geweld opgedra. (Foto: Oliver Bunic/AFP)

(Foto: Sergey Shestak/AFP)

Oekraïne – ʼn Gewonde Oekraïense dienspligtige klim uit ʼn motor by ʼn stabiliseringspunt naby Bakhmut. (Foto: Sergey Shestak/AFP)

VSA, Switserland Die ikoniese rockster Tina Turner is in die ouderdom van 83 ná ʼn lang siekbed in haar huis naby Zurich in Switserland dood. Wêreldwyd is miljoene aanhangers in rou gedompel oor die dood van die “koningin van rock” wat oor vyf dekades die een treffer ná die volgende die lig laat sien het. (Foto: Patrick T Fallon/AFP)

Photo by Fabrice COFFRINI / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.