Week in foto’s

VSA: Amerika se pres. Joe Biden word opgehelp nadat hy Donderdag oor ʼn sandsak op ʼn verhoog by die Lugmagakademie in Colorado gestruikel en neergeslaan het. Die 80-jarige president is nie beseer nie en het later geskerts oor die voorval. Lugmagoffisiere het hom weer op sy voete gehelp. Biden het gestruikel net nadat hy ʼn kadet wat pas gegradueer het, op die verhoog gelukgewens het. (Foto: Brendan Smialowski/AFP)

Frankryk: ʼn Sateur, oftewel springer, spring bo-oor ʼn bul by ʼn course landaise in Samadet in die suide van Frankryk. Die course landaise is ʼn tradisionele byeenkoms wat tussen Mei en Oktober in die suidweste van Frankryk plaasvind. Mans wat voor die bulle te staan kom, moet aanraking met die bul vermy deur bo-oor die dier te spring (le sateur) of die bul ontwyk (l’écarteur). (Foto: Charly Triballeau/AFP)

Jordanië: Jordanië se kroonprins Hussein en sy vrou, Saudi Rajwa al-Seif, waai vir die skare terwyl hulle die Zahran-paleis in Amman Vrydag ná hul huwelikseremonie verlaat. Die seremonie is gehou in die paleis waar verskeie ander koninklike troues, soos dié van koning Abdullah II en koningin Rania, asook dié van Hussein se pa, wyle koning Hussein bin Talal, gehou is. (Foto: Khalil Mazraawi/AFP)

Senegal: ʼn Betoger gooi ʼn klip na die polisie in Dakar tydens voortgesette oproer wat die stad lamlê. ʼn Senegalese hof het opposisieleier Ousmane Sonko, ʼn kandidaat in die 2024-presidentsverkiesing, die afgelope week twee jaar tronkstraf opgelê op aanklag dat hy die “jeug korrupteer”. Hy is kwytgeskeld van ʼn aanklag van verkragting en die maak van doodsdreigemente. Dit het tot grootskaalse oproer gelei en teen Vrydag het minstens nege mense al in gevegte gesterf. (Foto: John Wessels/AFP)

Filippyne: ʼn Seeswaeltjie soek na kos in die rommel wat dryf in die water van Manila Bay in Paranagua. (Foto: Jam Sta Rosa/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Die man is soos die sa pres ‘n ” embarrassing ” vir die mense wat hulle behoort te dien.

Miena ·

Kan ons bietjie meer hoor of lees van (ander) hierdie – koninklikes en hul dinge?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.