Weinstein gevonnis oor verkragting, seksuele aanranding

Harvey Weinstein (Februarie 2020) (Foto: John Minchillo, AP)

Die eens bekroonde Amerikaanse rolprentvervaardiger Harvey Weinstein (67) is Woensdag in ʼn hof in New York in die VSA gevonnis ná hy skuldig bevind is op aanklag van verkragting en seksuele aanranding.

Regter James Burke het Weinstein tot 23 jaar tronkstraf gevonnis ná hy verklarings aangehoor het van Weinstein en die twee vroue wat hy aangerand het.

ʼn Jurie het Weinstein op 24 Februarie skuldig bevind aan die seksuele aanranding op Mimi Haleyi in 2006 en verkragting van Jessica Mann in 2013.

Weinstein het volgehou dat enige seksuele aktiwiteit was konsensueel. Hy het nie enige reaksie getoon op die vonnisoplegging nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Niklaas

Een koddige, smerige en gewetenlose mannetjie wat geen respek vir vrouens ooit getoon hwt nie. Hoop geregtigheid seëvier sodanig dat die tronkstraf spoedig begin. Soms word daar mos vir jare geappelleer.

PETRO

Ek wens dit kan hier in ons land ook so maklik wees om “bekendes” te fonnis vir oortredings, hoe vinniger die Politici in ons land leer “no one is above the law” hoe beter vir almal van ons!

Rooivalk

Hier kry ons 5 tot 7 jaar vir moord as jy bekend is.

Dries

Ek wonder wat se #metoo voorbok Oprah nou van haar goeie vriend?

Belinda

Dit is goeie nuus, hoop alle mans word so vasgevat.