Die Amerikaanse rolprentvervaardiger Harvey Weinstein is Woensdag op sy 68ste verjaardag na ’n maksimumsekuriteit-gevangenis in die Amerikaanse deelstaat New York oorgeplaas.
Weinstein is voorlopig na die Wende Correctional Facility in Alden oorgeplaas totdat owerhede kan bepaal watter fasiliteit aan sy sekuriteits-, mediese, geestesgesondheids- en ander behoeftes sal voldoen. Weinstein se woordvoerder het dié oorplasing as “kras” bestempel.
Dié fasiliteit huisves meer as 950 gevangenes onder wie Mark David Chapman wat destyds skuldig bevind is aan die moord op die musikant John Lennon.
Maroela Media het vroeër berig Weinstein is sowat ʼn week gelede tot 23 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklag van verkragting en seksuele aanranding.
ʼn Jurie het Weinstein op 24 Februarie skuldig bevind aan die seksuele aanranding op Mimi Haleyi in 2006 en verkragting van Jessica Mann in 2013.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Weinstein is 68 jaar oud – en tronk toe gestuur vir 23 jaar – wat hy nie gaan uithou nie. Hy moes basies al lankal skuldig bevind geword het en al lankal tronk toe gestuur word. Die mense wie hy verkrag het dis ook net baie sad hulle kry hulle rustigheid nou.
Sjoe, dis kras!!!
Jou dade haal jou in, net n jammerte daar is so baie ander kriminele wat buite rondloop en nie agter tralies is nie.
Wonder wat se sy goeie vriendin Oprah nou?
So daar word na sy behoeftes gekyk voordat hy na n trok uitgeplaas word. Lekker man.