Weinstein skuldig bevind op twee aanklagte

Harvey Weinstein kom Maandag by ‘n hof in New York aan. (Foto: John Minchillo, AP)

Die eens bekroonde Amerikaanse rolprentvervaardiger Harvey Weinstein (67) is Maandag op twee aanklagte van seksuele misdrywe skuldig bevind.

’n Hof in New York het bevind dat die vervaardiger skuldig is aan ’n kriminele seksdaad asook verkragting in die derde graad.

Weinstein, wat al die aanklagte teen hom ontken het, is onder andere skuldig bevind aan seksuele aanranding op die voormalige produksieassistent Mimi Haleyi in 2006, asook die verkragting van Jessica Mann, ʼn voormalige aspirant-aktrise, in 2013.

’n Jurie het Weinstein egter vrygespreek van “predatoriese seksuele aanranding”, die ernstigste aanklag teen hom. Weinstein kon hiervoor ’n lewenslange vonnis opgelê word sou die jurie hom skuldig bevind het.

Weinstein word egter steeds deur moontlik 25 jaar tronkstraf in die gesig gestaar wanneer hy na verwagting op 11 Maart gevonnis sal word. Hy bly tot dan in aanhouding.

Harvey is ná die uitspraak weens hoë bloeddruk en pyn in sy bors na ’n hospitaal geneem.

Die gewese rolprentvervaardiger staan in Los Angeles steeds tereg op aanklagte van die aanranding van twee vroue in 2013.

Minstens 80 vroue het hom van seksuele wangedrag beskuldig wat dekades lank geduur het, waaronder die bekende aktrises Gwyneth Paltrow, Uma Thurman en Salma Hayek.

Bronne: BBC, CNN, SkyNews

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
trudie

Wat is “predatoriese seksuele aanranding” ?

Dries

Hilary Clinton en Oprah Winfrey se goeie vriend.

Cherokee

Uit ‘n man se oogpunt. Al flankeer sy en geniet die drankies wat aangebied word en al lyk sy hóe verleidelik, bly haar nee steeds haar nee… en dit moe geëer word. Fienies en klaar.

VanAfrika

Die man lyk baie sleezy, maar bygesê, van hierdie aktrises het nie bo uitgekom net omdat hulle n talent het nie, baie het gedoen wat hulle wou doen om bo uit te kom. Ek self was al in n situasie in std 7 waar n onderwyser vir my gesê het “as jy my nie soen nie, kry jy nie wat jy wil hê nie” Dit was n kollekte lys wat ek “verloor” (my broer wat toe al uit die skool was het dit by die kar se venster uitgegooi omdat hy gedink het dit was net n klomp nonsens) en… Lees meer »

jinny jualinda

Hulle is predators, hy is ook nie die eerste en enigste rolprevervaardiger wat jong meisies (maklike prooi) misbruik nie. Verlede jaar het die Franse aktrise Adel Haenel n saak gemaak teen Christophe Ruggia omdat hy haar gemolesteer het toe sy 12 jaar oud was. Die filmbedryf is vol daarvan. Ongelukkig het die wereld sy morele kompas totaal verloor.