Wen ʼn plaas met jou opstel

Leslie en Paul Spell Foto: WAAY-TV

Leslie en Paul Spell Foto: WAAY-TV

ʼn Egpaar van Elkmont in Alabama gaan hul $350 000 (ongeveer R4.2 miljoen) bokplaas weggee vir die persoon wat die beste opstel kon skryf.

Leslie en Paul Spell het besluit om hul agt hektaar grootte plaas met 85 bokke weg te gee deur ʼn opstel-kompetisie toe hulle gesien het meeste voornemende kopers kan nie die plaas bekostig nie. “Dis nie te sê dat hulle nie gaan sukkel of planne gaan moet beraam nie, maar hulle begin met ʼn bestaande produk,” het Leslie aan die plaaslike televisiestasie WAAY-TV gesê.

Elke deelnemer moet $150 (sowat R1 800) betaal en hulle hoop dat minstens 2 500 mense sal inskryf, wat uiteindelik $375 000 vir hulle in die sak sal bring. Die egpaar sal daardie geld gebruik om die verband af te betaal en hulle beplan om $20 000 aan die wenners te gee.

Hulle sal die persoon ook oplei om bokmelkkaas te maak.

Klik hier om in te skryf.

Bron: WAAY-TV
WAAYTV.com – Huntsville, Alabama – News Weather, Sports |

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Lyk my dit is net vir “US of A citizens” :) :)

Petro ·

Eks nou nie lelik nie maar deesdae ry mense erger as taxi’s dis tyd dat hul besef die pad is nie hul sin en hul sin alleen nie almal ry en loop daar my man ry werk toe op n motorfiets en die mense is net so vreeslik onbeskof op die pad een motoris sal nie pad gee vir n ander nie hul moet sulke onbeskofte drywers se lisensie sommer wegvat vir 2 jaar as hul fietsryers en voetgangers stamp deur hul Ongeskiktheid. En die kommentaar is nie vir almal bedoel nie jy kry jou ordentlike mense wat nog omgee!!!!!

Leeutjie ·

Petro, lyk my jy het iets raakgelees maar dit misgeskryf!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.