Wêreld deur groot aardbewings geskud

Beskadigde huis in Nicaragua

Beskadigde huis in Nicaragua

‘n Reuse aardbewing van 7,1 op die momentmagnitudeskaal in Papua Nieu-Guinee, is deur naskokke geskud, waarvan die een M6,7 gemeet het. Geen berigte van groot skade of lewensverlies is nog ontvang nie.

‘n Sterk skudding van M6,1 wat tien kilometer van Valle San Francisco in Nicaragua voorgekom het, is deur ‘n nog sterker een van M6,6 sowat 11 kilometer van Nandaime, ook in Nicaragua gevolg. Minstens een persoon is dood, en sowat 300 mense is beseer, terwyl groot skade aan onder meer huise aangemeld is.

By Iquique in Chili, waar ‘n bielie van M8,2 onlangs voorgekom het, kom steeds naskokke van sterker as M6 voor.

Ander interessante aardbewings is een van M4,8 in Frankryk, en ‘n reeks kleiner skuddings in Oklahoma, VSA. Die Oklahoma-skuddings word met aardgas-boorwerkpraktyke in verband gebring. Ligte skuddings kom steeds in die Yellowstone Nasionale Park voor, wat volgens bydraes in die sosiale media daarop dui dat die Yellowstone Supervulkaan uit sy slaap van 600 000 jaar aan die ontwaak is. Wetenskaplikes betwis dit egter.

Bronne: USGS, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.