Die wêreld in foto’s – 2 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Lee Hsien Loong, die premier van Singapoer (regs), ontmoet Jim Mattis, die sekretaris van verdediging in die VSA (middel), en Joseph Dunford jr., hoof van die Amerikaanse weermag (links), by die presidensiële woning in Singapoer. (AP Photo/Joseph Nair)

Boere verplant ryssaailinge in die Shanxi-provinsie in China. (Xinhua/Zhan Yan)

Gesinslede troos ʼn man terwyl hulle wag vir die liggaam van ʼn geliefde ná die tragedie wat hom by die Manila Casino in die Filippyne afgespeel het. ʼn Gewapende man het vroeg Vrydagoggend die Manila Casino binnegestorm en petrol gebruik om dobbeltafels aan die brand te steek. Tientalle mense is weens rookinaseming dood. Die verdagte het gevlug met gesteelde casino-skyfies ter waarde van meer as $2 miljoen en daarna homself in ʼn hotelkamer geskiet. (AP Photo/Aaron Favila)

David Goffin van België val ná ʼn hou in sy wedstryd teen Horacio Zeballos van Argentinië by die Franse Ope wat in Parys plaasvind. (AP Photo/Christophe Ena)

Die akrobatiese groep van die Italiaanse lugmag vlieg oor Rome ter viering van die 71ste herdenking van die stigting van die Italiaanse republiek in 1946. (AP Photo/Alessandra Tarantino)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.