Die wêreld in foto’s – 8 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk en sy vrou, Brigitte, besoek ʼn moskee in Xian in China. (Foto: Ludovic Marin, AP)

Vrugteverkopers kyk toe hoe polisie die omgewing beveilig nadat ʼn brand uitgebreek het by ʼn restaurant in Bangalore in Indië. Sommige werkers wat in die gebou geslaap het, is in die brand dood. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

Japannese vroue loop in kimono-kleredrag ná die Coming of Age-seremonie, ʼn jaarlikse nasionale vakansiedag in Tokio. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)

Pendelaars wag vir treine by die Clapham Junction-treinstasie in Londen. Chaos word verwag tydens ʼn week lange beplande staking van die spoorwegpersoneel. (Foto: Frank Augstein, AP)

Dié Duitse man word daarvan aangekla dat hy drie bomme laat ontplof het wat die sokkerspan Borussia Dortmund se bus in April verlede jaar geteiken het. Hy het in ʼn hof in Dortmund verskyn vir die tweede dag van sy verhoor. (Foto: Bernd Thissen, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rooiman ·

Die beskuldigde in die laaste foto kan nogal deurgaan as Tom Cruize

Juffie ·

Dis eintlik goed dat mens ‘n bietjie insig in wat in ander lande gebeur kan kry…..dit gee perspektief – slegte dine gebeur die wêreld oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.