Wêreld se derde grootste piramide kan “soos sandkasteel ineenstort”

Piramide van die Son in die verlate stad Teotihuacan in Meksiko

Piramide van die Son in die verlate stad Teotihuacan in Meksiko

Die derde grootste piramide ter wêreld, die Piramide van die Son in die verlate stad Teotihuacan in Meksiko, loop die gevaar om in die toekoms inmekaar te stort.

Die piramide is in twee fases gebou – die eerste fase in die eerste eeu na Christus, en die tweede sowat 600 jaar later. Die naam van die stad, piramides, strate en ander strukture is deur die Asteke gegee wat die terrein besoek het na die stad reeds verlate was.

Die stad het voor dit moontlik weens klimaatsverandering ontruim is, sowat 125 000 inwoners gehad wat dit een van die grootste stede ter wêreld toe gemaak het. Groot geheimsinnigheid omhul nog wie die inwoners was.

Die piramide is by sy basis byna 900 meter in omtrek, en ongeveer net so groot soos die Groot Piramide van Giza in Egipte. Dit is egter net 75 meter hoog, terwyl die Groot Piramide by Giza sowat 146 meter hoog is.

Golwe wat deur die piramide gestuur is om te bepaal of daar vertrekke binne die struktuur is, het geen sulke holtes aan die lig gebring nie, maar die navorsers het vasgestel dat die piramide aan die een kant binne veel klammer is as aan die ander kant. Dit hou die gevaar in dat die piramide soos ‘n kaartehuis inmekaar kan stort as nie plan gemaak word nie.

Die piramide was, na dit voltooi is ‘n aangrypende gesig. Die binnekant is basies net ‘n hoop grond wat met blokke wat uit vulkaniese stene gekap is, oorgetrek is. Die buite-oppervlak was gepleister, en helderkleurig geverf met verskeie motiewe daarop, soos afbeeldings van Jaguars. Hierdie buite-afwerking bestaan lank nie meer nie.

Bo-op die piramide was oorspronklik ‘n tempel, wat deur natuurkragte en vandalisme lank ook nie meer bestaan nie.

Klik hier om die artikel in die New Scientist kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.