Wêreld se grootste haas gesteel

Darius die haas (Foto: West Mercia-polisie)

ʼn Beloning van £1 000 (sowat R20 000) word aangebied ná ʼn haas, die grootste in die wêreld, uit sy huis in Worcestershire in Engeland gesteel is.

Darius, ʼn Continental Giant, is Saterdag uit sy hok gesteel.

Guinness Wêreldrekords het hom in April 2010 aangewys as die wêreld se langste haas op 129 cm.

Sy eienaar, Annette Edwards, sê sy is baie hartseer oor Darius se verdwyning en bied nou dié beloning aan.

Die West Mercia-polisie doen ook ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die haas om na vore te kom. “Die haas is nogal uniek omdat dit meer as vier voet lank is en ʼn Guinness-rekord ontvang het as die grootste haas in die wêreld,” het die polisie in ʼn verklaring gesê.

Annette (66) is ʼn model wat ook al ʼn Guinness-wêreldrekord ingepalm het as die oudste Page Three-meisie. Page 3 is ʼn tradisie van Britse poniekoerante om ʼn foto van ʼn bostuklose meisie op die derde bladsy van die koerant te publiseer.

Voor die uitbreking van die Covid-19-pandemie het Annette en Darius rondgereis sodat sy aanhangers hom kon sien. Hy het al op televisie verskyn en selfs sy eie lyfwag gehad.

Annette Edwards en Darius (Foto: Pet Detectives Community/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Niklaas ·

Iewers word een enorme haas-pastei berei op hierdie oomblik.

Misky ·

Wonder hoe oud is hy as hy in 2010 al aangewys is as langste haas. Kanse skraal dat dit in SA sou gebeur en hy sou lankal in ‘n pot opgeeindig het

Eiervrug ·

Net soos jy daar sê. Ongelukkig is dit die waarheid. ‘N Dier in Suid Afrika se lewe is mog nis werd nie… So hartseer…

MakersMark ·

Dalk is hy saam met Knerses in Asblikfontein…..stuur die polisie.

Noels244 ·

Hoe lekker lag ek nou, ek sien sommer daai ry vals tande wat Knerses op die wasgoedlyn gehad het.

Robert ·

My eerste gedagte was ook Haaspastei… sien ‘n paar is bietjie sensetief hieroor… shame…

Paul ·

Net so terloops, dit is ‘n konyn, nie ‘n haas nie Maroela. Nie teenstande, baie interessant.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Kyk uit vir die volgende “VREEMDHEDE” artikel: “Die wêreld se grootste haaspastei”! Jammer, maar ek glo nie die DBV het hom weggeneem na hul haashok nie, diereliefhebbers. (Terloops, ek is ook een.)

Eend Bessinger ·

Of ‘n mens ‘n diereliefhebber is of nie, iemand was definitief lus vir ‘n massiewe haaspastei. Daardie verlore haas is nie by die plaaslike DBV nie.

Danie ·

“Annette Edwards is ‘n bekende leuen pendelaar.”
Huh??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.