Wêreld se kortste man sterf

Chandra Bahadur Dangi. Foto: Guinness World Records

Chandra Bahadur Dangi. Foto: Guinness World Records

Chandra Bahadur Dangi van Nepal, die wêreld se korste man, is in die ouderdom van 75 oorlede.

Dangi is Donderdagaand aan ʼn onbekende siekte in ʼn hospitaal in Pago Pago, hoofeiland van Amerikaans-Samoa, dood, berig die Wall Street Journal.

Dangi is op 26 Februarie 2012 amptelik deur die Guinness World Records as die wêreld se kortste man aangewys. Hy was 54,6cm lank en is ook aangewys as die kortste man wat ooit gemeet is. Die rekord is voorheen deur Junrey Balawing van die Filippyne gehou wat 59,9cm lank is.

Die Guinness World Records het in ʼn verklaring gesê hy is baie hartseer oor Dangi se afsterwe. “Ons wil graag ons opregte en innige meegevoel betuig met mnr. Dangi se familie in dié moeilike tyd. Hy sal vir altyd onthou word as ʼn ikoniese en buitengewone rekordhouer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Om perspektief te gee aan sy lengte was hy sowat 5cm korter as twee liniaallengtes en langer met ongeveer 5cm as die hoogte van ‘n 9kg gasbottel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.