Wêreld se oudste kaas ontdek

Een van die mummies waarby die kaas gevind is.

Een van die mummies waarby die kaas gevind is.

Verbasend goed bewaarde brokkies kaas in by Chinese mummies gekry wat sowat 1 615 jaar voor Christus in die Taklamakanwoestyn begrawe is.

Die mummies is reeds in 1934 gevind, maar uitgrawings het eers in 2003 in alle erns begin.

Die navorsers het nou vasgestel dat die geel hompe om die nekke en op die borskaste van die mummies kaas is, wat dit die oudste bewaarde kaas maak wat nog gevind is. Die kaas is gevorm deur van bakterie en giste gebruik te maak, wat dit besonder laag aan laktose gemaak het. Dit was nodig omdat die Asiatiese bevolking destyds nie laktose-tolerant was nie.

Die bewaringstoestande is geskep deur die oorledenes en hul kaas onder omgekeerde boottipe strukture te begrawe, wat dan weer deur beesvelle oorgetrek is. So is toestande van “vakuumverpakking” geskep.

Sou dié bronstydperk-mense hul kaas met ‘n slukkies wyn kon neem? Aan die einde van verlede jaar het argeoloë in die oorblyfsels van ‘n Kanaänitiese stad wat hulle meen die oudste wynkelder ooit ontdek. Dit is sowat 3 700 jaar oud. Hoewel die kruike almal stukkend, en dolleeg was, is die reste van wyn in hulle gevind. Dit is egter baie ver van waar die kaas gevind is.

Meer kan hier en hier gelees word.

Bronne: Fox News en Newser

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.