Wêreld se oudste man sterf

Yasutaro Koide op 21 Augustus 2015 toe hy in die ouderdom van 112 die Guinness-wêreldrekordsertifikaat ontvang het as die wêreld se oudste man Foto: AP Photo/Koji Sasahara

Yasutaro Koide op 21 Augustus 2015 toe hy in die ouderdom van 112 die Guinness-wêreldrekordsertifikaat ontvang het as die wêreld se oudste man Foto: AP Photo/Koji Sasahara

Die wêreld se oudste man, Yasutaro Koide, is Dinsdag in ʼn hospitaal in Nagoyo, Japan, oorlede.

Koide is op 13 Maart 1903 gebore en is in die ouderdom van 112 oorlede. Hy het verlede jaar in Augustus sy Guinness-wêreldrekordsertifikaat ontvang wat bevestig dat hy in daardie stadium die oudste man was.

Hy het as ʼn kleremaker gewerk en formele kleredrag vir spesiale geleenthede gemaak.

Volgens plaaslike media het Koide se kleindogter gesê haar oupa was altyd by sy naaldwerkmasjien, besig om ʼn verskeidenheid van klere – van formele drag tot onderklere – met die hand te maak.

Koide het verlede jaar, toe hy die sertifikaat ontvang het, sy geheim vir ʼn lang lewe verklap: “Om jouself nie te oorwerk nie, en in blydskap te leef.”

Koide is Dinsdag in die vroeë oggendure oorlede nadat hy verlede maand vir hartversaking in ʼn hospitaal opgeneem is. Die oudste man in Japan is nou Masamitsu Yoshida. Hy is 111 jaar oud en woon in Tokyo.

Dit is nog nie duidelik wie Koide opvolg as die oudste man in die wêreld nie.

Die Amerikaner Susanna Mushatt Jones is die wêreld se oudste persoon in die ouderdom van 116. Sy is een van slegs twee persone (albei vroue) wat in die 1800’s gebore is. Emma Morano van Italië is ook in 1899 gebore. Sy is vier maande jonger as Jones. Nege vroue ouer as 114 jaar oud lewe nog steeds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cornelia ·

Baie Bejaardes het dit nie maklik nie. Kinders vergeet van hulle. Op die ou end sterf hulle alleen en eensaam in ‘n ou klein kamertjie. Geseend is die familie wat na bejaaardes omsien met liefde en deernis!!!!

Pinkie ·

Is dit in ons vrouens se gene of hormone ! Dalk word ons net nie so kwaad en is die kompetisie gees nie so sterk.

neelsie ·

“Om jouself nie te oorwerk nie” klink vir my na die oplossing……….. Alles n gejaag na wind.
Spandeer meer tyd met jou geliefdes,dis n langtermynbelegging.

Martin ·

As die man ‘n boek oor sy lewe kon skryf sou ons as mens baie kon leer by hom!

Boer ·

In die nsa kap ek te veel stress, raak te vining kwaad en lees elke dag van ons mense wat wreed vermoor word.., so ek sal seker nie so lank leef met my bloeddruk nie!

Nic Grobler ·

Boer, waar op aarde is nsa? Ek wil seker maak ek gaan nooit soontoe nie – klink vir my erg.

pauline ·

Hkm hoor ons net van oorsee se mense wat daai ouderdom haal, daar is suid afrikaners ook. Ja al oorwerk jy jou nie, alle daagse stress vlakke bly n ewel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.