Wêreld se oudste persoon sterf

Emma Morano op haar 117de verjaardag. Foto: AP Photo / Antonio Calanni.

Emma Morano, die wêreld se oudste persoon, is in die ouderdom van 117 jaar in haar tuisland, Italië, dood.

Morano, wat amptelik die laaste persoon was wat in die 19de eeu gebore is en nog geleef het, is Saterdag in haar huis in Verbania in die noorde van die land dood.

Haar dokter, Carlo Bava, het aan Associated Press gesê Morano se versorger het hom gebel en gesê sy het ophou asemhaal terwyl sy in ʼn leunstoel gesit het.

Morano, wat op 29 November 1899 gebore is, het in ʼn netjiese eenkamerwoonstel gewoon waar haar versorger en twee bejaarde susterskinders na haar haar omgesien het.

Sy het haar lewe toegeskryf aan haar genetiese samestelling en ʼn dieet van drie eiers per dag, waarvan een rou moet wees.

Bava het gesê hy het Morana Vrydag vir die laaste keer gesien waartydens sy hom bedank en sy hand vasgehou het, soos wat sy altyd gedoen het as hy haar besoek.

“Sy het die afgelope tyd meer begin slaap en minder gesels, maar sy het steeds elke dag haar rou eier geëet,” het Bava gesê.

Emma Morano op haar 117de verjaardag. Foto: AP Photo / Antonio Calanni.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sommer net ·

18de eeu? Dit sal haar dan 217 maak! Hartseer om te hoor sy is oorlede, maar dit lyk my nie enige van die artikels word meer deesdae nagegaan vir korrekte feite, spelling of taalgebruik nie. Begin dit asb nagaan voor dit gepubliseer word

Phillip ·

Dagsê Sommer net

Dankie vir jou valkoog! Die berig is gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Ramkat ·

Om ouer as sê maar 95 jaar oud te word is n eensame bestaan.
Dit maak nie saak hoeveel van jou familie om jou is en beweeg nie, want almal uit jou jonger jare met wie jy baie plesier gemaak het, het jou teen daardie tyd vooruit gegaan.
Dit is veral opmerklik wanneer jy op jou vingers begin aftel van die-en-die is al so lank gelede al weg.

Johann ·

Emma die HERE het jou ‘n lang leeftyd gespaar, mag die Here jou seën en jou met al sy liefde in ontvangs neem in Sy ewige woning wat Hy vir jou voorberei het, sterkte ook aan die familie en nabye vriende

Johan ·

Volgens die boffins is so baie eiers nie goed vir jou nie….dink net hoe oud sy dan sónder al daai eiers geword het…
?

jean ·

Watter wonderlike, interessante stories sou sy nie kon vertel…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.