Wêreld se vetste man sterf

Andres Moreno Sepulveda Foto: Andres Moreno Sepulveda, Facebook

Andres Moreno Sepulveda Foto: Andres Moreno Sepulveda, Facebook

ʼn Man van Mexiko, wat in ʼn stadium as die wêreld se vetste man beskou is, is Vrydag in die ouderdom van 38 oorlede.

Andres Moreno Sepulveda se hart het op pad na ʼn hospitaal in Sonora gaan staan, het ʼn vriendin aan dpa gesê. Hy het twee maande gelede ʼn operasie ondergaan om sy maag kleiner te maak.

Sepulveda het in ʼn stadium 450 kg geweeg, maar moes gewig verloor en het uiteindelik 320 kg geweeg voor die operasie.

“Dit het goed gegaan het hom, maar hy het al vantevore twee hartaanvalle gehad,” het Carmen Palacios gesê. Sy het hom die afgelope jaar tydens sy rehabilitasieproses bygestaan. “Hy het in die ambulans gesukkel om asem te haal en is in die ambulans oorlede.”

Sepulveda se dokter het gesê hulle was vol verwagting dat hy uiteindelik ná die operasie slegs ongeveer 85 kg sal weeg.

Andres Moreno Sepulveda het vroeër dié foto op Facebook gedeel en gesê hy hoop om eendag 80 kg te weeg Foto: Andres Moreno Sepulveda, Facebook

Andres Moreno Sepulveda het vroeër dié foto op Facebook gedeel en gesê hy hoop om eendag 80 kg te weeg Foto: Andres Moreno Sepulveda, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann Marx ·

Ek het in die afgelope jaar ook bietjie geloer na oom Tim se “banting”, en Dr Dukan se boek gelees, en opgehou met brood en suiker en al die lekker dinge (nie dat dit eintlik gehelp het nie). Op ‘n dag het ‘n diëetkundige my so gekyk en die volgende opmerking gemaak: In die konsentrasie kampe was daar nie een vet mens nie. Ek sê maar net…

SNEL ·

Ja Johann, dis nou ware woorde. Hulle sê gewig verlies is soos somme, wat jy insit moet jy weer uitgooi (verbrand), maar ek glo in “relaxing” en om so min moontlik vir so lank moontlik te doen ( ek verpes dit om te sweet), so dit wil sê ek moet pik soos n voëltjie om nie vet of eerder vetter (reeds rond) te word nie. Dis nou net daar wat ek somme haat en niks van ingooi en uitgooi wil weet nie en eerder net vrede maak met al my rondings, maar dan lees ek ‘n artikel soos die, en vrees oorweldig my en dadelik kyk ek nou vir n goedkoop oefenmasjien wat iemand miskien iewers wil verkoop….net tot die vrees bedaar dan staan daai masjien by my ook en stof opgaar. Ek moet egter sê, as ek terug moet dink begin die wortel van die kwaad van verkeerde eetgewoontes en verkeerde uitkyk oor kos van kindsbeen af, want daar was mos altyd gesê jy moet al jou kos eet want daar is kinders wat nie kos het nie (selfs die konsentrasie kampe waar ouma se ouma se ouma was, was genoem, om te wys hoe dankbaar ek moet wees oor my bord kos) en nou eet ek tot vandag toe nog vir al die haweloses; en nou lyk ek soos ek lyk omdat ek vir almal wat nie kos het nie eet. Hierdie hulle wat so baie praat sê ook “it is all in the mind; change your mind to change your body”….makliker gesê as gedoen as die goed penwortels het. Ja wat, nuwe jaar kom en dan eet ons darem reg vir die eerste drie dae en dan daar gaat ons weer tot begin 2017 :) Sterkte vir almal wat bietjie meer mens is, miskien raak ons ontslae van die ekstras in 2016, sonder dat dit ons weer vind .

Estelle ·

Ek stem Johann. Banting het ook nie vir my gehelp nie. Al wat sal help is as jy n te kort aan kruideniers het en meer as die helfde minder eet..en ja daar was mos geen lekkernye in konsentrasie kampe nie …se ek ook maar net.

Banting Lady ·

Banting het beslis vir my gewerk. 20kg in 4 maande afgeskud. Vandag is ek eienaar van ‘n Banting kliniek en help mense landswyd om vet te verloor met groot sukses.

Michelle ·

Hi Banting Lady.
Is dit duur om op ‘n banting diet te gaan? Ek en my man moet drasties gewig verloor as ons binnekort wil kinders he (ginikoloog se woorde)

rietrot ·

ʼn Glas melk voor en na ete doen wondere vir die liggaam. Maar om minder te eet is ʼn dood steek en baie maak daardie fout. eet 5 etes per dag maar hou dit gesond, drink baie “ordentlike water” Jou koffie is net ʼn probleem as jy dit oordoen. Sien die ding kom in by jou metabolisme, as jy minder eet dan word dit stadiger as jy meer eet dan werk dit vinniger. Vergeet fiets ry en hardloop en gee gehoor aan Christiaan Barnard en LOOP om jou huis as dit moet, of waar jy veilig voel. Loop doen wondere. En doen jou huiswerk/tuinwerk self. Kry 2de lesenaar wat jou dwing om te staan en werk.

Suzette ·

Stem saam rietrot. Loop verrig wondere. Ek het sedert Mei 2015 tot vanoggend 16 kg afgeskud. Weet jy waar loop ek? Ons het Mei maande in ‘n huis ingetrek met n elle lange gang. Om elke dag hierdie gang op en af te gaan glo ek is die rede. Voel of jy heeldag aan die loop is. He he, geen diet of niks. O ja en dan ook die water, want in hierdie hitte kan mens nie anders nie. Ek is ook glad nie lief vir oefeninge nie. Haat dit om te sweet, maar ongelukkig moet ek van punt A tot punt B in my huis kom. So vir my is dit half nodig en verpligtend, maar as dit werk hoekom nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.