
Andres Moreno Sepulveda Foto: Andres Moreno Sepulveda, Facebook
ʼn Man van Mexiko, wat in ʼn stadium as die wêreld se vetste man beskou is, is Vrydag in die ouderdom van 38 oorlede.
Andres Moreno Sepulveda se hart het op pad na ʼn hospitaal in Sonora gaan staan, het ʼn vriendin aan dpa gesê. Hy het twee maande gelede ʼn operasie ondergaan om sy maag kleiner te maak.
Sepulveda het in ʼn stadium 450 kg geweeg, maar moes gewig verloor en het uiteindelik 320 kg geweeg voor die operasie.
“Dit het goed gegaan het hom, maar hy het al vantevore twee hartaanvalle gehad,” het Carmen Palacios gesê. Sy het hom die afgelope jaar tydens sy rehabilitasieproses bygestaan. “Hy het in die ambulans gesukkel om asem te haal en is in die ambulans oorlede.”
Sepulveda se dokter het gesê hulle was vol verwagting dat hy uiteindelik ná die operasie slegs ongeveer 85 kg sal weeg.

Andres Moreno Sepulveda het vroeër dié foto op Facebook gedeel en gesê hy hoop om eendag 80 kg te weeg Foto: Andres Moreno Sepulveda, Facebook
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Ek het in die afgelope jaar ook bietjie geloer na oom Tim se “banting”, en Dr Dukan se boek gelees, en opgehou met brood en suiker en al die lekker dinge (nie dat dit eintlik gehelp het nie). Op ‘n dag het ‘n diëetkundige my so gekyk en die volgende opmerking gemaak: In die konsentrasie kampe was daar nie een vet mens nie. Ek sê maar net…
Banting het beslis vir my gewerk. 20kg in 4 maande afgeskud. Vandag is ek eienaar van ‘n Banting kliniek en help mense landswyd om vet te verloor met groot sukses.
ʼn Glas melk voor en na ete doen wondere vir die liggaam. Maar om minder te eet is ʼn dood steek en baie maak daardie fout. eet 5 etes per dag maar hou dit gesond, drink baie “ordentlike water” Jou koffie is net ʼn probleem as jy dit oordoen. Sien die ding kom in by jou metabolisme, as jy minder eet dan word dit stadiger as jy meer eet dan werk dit vinniger. Vergeet fiets ry en hardloop en gee gehoor aan Christiaan Barnard en LOOP om jou huis as dit moet, of waar jy veilig voel. Loop doen wondere.… Lees meer »
Stem saam rietrot. Loop verrig wondere. Ek het sedert Mei 2015 tot vanoggend 16 kg afgeskud. Weet jy waar loop ek? Ons het Mei maande in ‘n huis ingetrek met n elle lange gang. Om elke dag hierdie gang op en af te gaan glo ek is die rede. Voel of jy heeldag aan die loop is. He he, geen diet of niks. O ja en dan ook die water, want in hierdie hitte kan mens nie anders nie. Ek is ook glad nie lief vir oefeninge nie. Haat dit om te sweet, maar ongelukkig moet ek van punt A… Lees meer »