Wêreld staan saam teen die IS-terreurbedreiging

Argieffoto

Argieffoto

Duitsland se bondskanselier, Angela Merkel, het nog meer hulp aan Frankryk beloof.

Merkel het sonder om te veel besonderhede verskaf, gesê dit is duidelik die Islamitiese Staat (IS) moet met militêre toerusting beveg word. Duitsland stel ʼn vegskip en verskeie “Tornado”-verkenningsvliegtuie beskikbaar.

Laurent Fabius, Frankryk se minister van buitelandse sake, het die eerste keer aangedui hulle oorweeg om met Sirië se Assad-regering saam te werk. Dit sal ook help om Rusland se huidige militêre slaankrag teen die IS te verbeter.

Brittanje se premier, David Cameron, het die Franse president François Hollande ook die Britte se ondersteuning beloof. Cameron is hoopvol dat die Britse parlement hiervoor toestemming sal gee. Volgens die Britse parlement is een ding nog nodig in die geveg teen die IS, naamlik ʼn strategie.  Cameron wil so ʼn strategie aan die Britse parlement voorlê binne die volgende paar dae.

Hollande soek nog ondersteuning en sal binnekort die Amerikaanse president Barack Obama ontmoet.  ʼn Ontmoeting met die Russiese president Wladimir Poetin word ook beplan en die ontmoeting met Italië se staatshoof, Matteo Renzi, het goed verloop. Renzi  is veral bekommerd oor die IS in Libië, wat volgens hom die volgende groot brandpunt gaan wees. Italië staan die uitwissing van die IS voor, maar sal tans geen militêre ondersteuning na Sirië stuur nie. Italië wil eerder op Libië konsentreer, want die IS het in November reeds baie mense daar onthoof, vermoor of vermink.  Ongeveer 140 000 vlugtelinge het in die afgelope maande in Italië aangekom.

Ook China het hom teen die IS se optrede uitgespreek. Griekeland se minister van verdediging, Dimitris Vitsas, het dit duidelik gemaak dat Griekeland te diep in die skuld sit en nie finansieel sterk genoeg is om enige militêre hulp te verskaf nie. Boonop het 218 394 vlugtelinge verlede maand net in Griekeland aangekom. Iets wat nie openlik genoem word nie, is dat baie Grieke ook  ʼn diepgewortelde vrees het oor optrede van Turkye in die toekoms. Rusland noem Turkye ʼn tweegesig wat heimlik wel die IS ondersteun.

Merkel het vandeesweek selfs beloftes gemaak van aparte skole net vir Turkse kinders in Duitsland, op voorwaarde dat hulle wel ook Duits in die skole leer. Daarmee probeer Duitsland die Turke se goedgesindheid teen die IS bewerkstellig.

As afsluiting kan mens bloot nadink oor die woorde van Cameron: “Dit is duidelik dat die wêreld saamkom om bose terreurbedreigings te oorwin. Dit is asof alle leiers vermoed dat oorlog die enigste manier is om die IS te oorwin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eddie ·

En dan kom ons terug na Suid Afrika wat op die draad sit want hier het nog niks gebeur nie. Maar is baie grootbek om ander lande voor te se wat om te doen en nie te doen. Ons kan seker aan baie redes dink hoekom Zuma hulle nie betroke raak nie maar sal dit nie se nie anders word ek weer geblok. Dit is hoog tyd dat lande begin saamstaan teen terroriste en hoop dat hulle eendag ook so saam sal staan met ons tanse terroriste wat in ons land openlik mense moor en terreur veroorsaak. Ons sal maar sien die dag as dit gebeur en almal trek hulle skouers op want hulle wil nie betrokke raak nie.

Johannes ·

Darem ironies, toe die ANC kommuniste (wat terloops SA tans regeer) presies dieselfde as ISIS gedoen het, het die wêreld hulle gesteun…

Genis ·

Ek lees ook pas in die ander nuus dat ‘n “magtige faksie in die Limpopo, Boko Haram”, aan die stuur van ‘n veldtog is om Ramaphosa se presidentskap in 2017 te verseker. Dink lesers moet kennis neem.

Rynhardt ·

Die Amerikaanse omroeper, Alex Jones het reeds 24November beeldmateriaal gewys wat SAUK weerhou van publiek.Dit wys hoe n Russiese reddingshelikopter wat die dooie vlieenier se liggaam wou kom optel het, opgeblaas is deur terroriste.Turkye het Rusland in die rug gesteek, want Turkye kry gesteelde olie van Isis! Rusland gaan Turkye nie uitlos oor hierdie verraad nie.Hy gaan Turkye stormloop! Dit gaan lei tot verdere konflik wat gaan uitbrei.

Genis ·

Rynhardt, Alex Jones is ‘n samesweringteoretikus in die alternatiewe media en het geen kredietwaardigheid nie.

pop1 ·

Goed ons neem kennis Genis. Wat moet ons nou doen?? Neem julle in Limpopo kennis en hou op stem vir verkeerde partye

Rynhardt ·

Genis, Alex Jones is so n groot samesweerder dat hy vir 20jaar die storie agter die storie uitspel wat CNN en Fox News nie kan vermag nie.Hy sit hul ore aan en het miljoene kykers.Net so sit ek jou ook alweer ore aan!

Winston ·

Ek het nog altyd my hoed gelig vir mense of organisasies wat so saam staan. Ons sukkel al driehonderd jaar om dit te doen. Wat sou die wereld se as ons paar wittetjies oor dit kon reg kry.

Trolle ·

Asof Obama sal join teen isis, hy cheer dan vir wat Turkey gedoen het. Dis nie eens nodig om slim te wees om uit te werk wie almal saam met isis baklei teen Russia nie. Dis lafhartig wat Turkey gedoen het hulle gaan verseker boet as Mnr. Putin se hy doen iets doen hy dit dadelik deeglik. Hy het nie verniet gese die vliegtuig afskiet gaan grave consequences he nie.

Hein ·

Rusland is net betrokke omdat Putin die westerse sanksies teen hom opgehef wil kry. Rusland krepeer as gevolg van hierdie sanksies. Moenie hulle militêre aksies in die Oekraine onlangs vergeet nie… Ongelukkig begin die Weste ook nou die teenreaksie kry van hulle bloedige stryd om olie in die Midde-Ooste… Let wel – ek haat ook ISIS met alles wat ek het – maar die realiteit en feite is daar…

Rupert Ashford ·

Hein moenie alles glo wat aan jou opgedis word deur die media nie. Die Weste, Navo en die CIA se handjies is ook nie skoon in Oos Europa nie. Putin is geen engel in Ukraine nie, maar die ander spul is ook allermins …

Hein ·

Rupert, jy stem dus saam met my – opgedis deur die media en al…

Dee ·

Die wêreld staan teen IS. Die wêreld. Wiè is die ‘Islamitiese Staat’ dus werklik? Dit is moslems wat selfs moslems aanval. Moslems wat klaarblyklik losstaande is van ‘n spesifieke staat maar miskien tog in Sirië gesetel is waarvandaan aanvalle beplan word. En aan julle wat Putin as held beskou, hy is ‘n aanhanger van Al-Basjir van Soedan. Klink of julle dan dieselfde smaak het as Zuma.

Trolle ·

Genade Dee het jy het jy gesien wie die weste se maatjies is jy sal geskok wees. Moenie glo wat jy vertel word van Putin nie. Die USA se nuus se net Russian aggression, wonder hoe maak die IS attacks van Putin hom nou aggressor.Hy haal nou te veel weste maatjies uit.

Dee ·

So Trolle, dìt is dus hoe jy jou handtekeningjag van Putin gaan verduidelik? Sonder enige bewese verduideliking maar net oorlat jý so dink? En dit nadat ek bewyse het vir my bewerings? Bewyse dat jou en Zuma se smaak identies is? Ag nee, jy’s bloot ‘n trol wat jou luck try. As jy stellings wil maak, gebruik die bekende media om dit te bewys.

Trolle ·

Dee ek het jou al gese gaan doen net naforsing, ek kan al my goed staaf. Ek weet dit is baie moeilik vir mens se brein om die teenoorgestelde te kan aanvaar van hoe jy grootgemaak is.
rEk het ook met groot skok die warheid raakgesien.ek hoop jou 3de oog gaan oop voor dit te laat is, dis hoekom die bybel praat dat so baie mense wat gaan verly word gaan net agter die stroom aan want dit voel veiliger. Ek is glad nie n Zuma ondersteuner nie hy dans net rond en niks raak beter nie net slegter vir ons afriksner.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.