Wêreldeerste: Foto van leeuwyfie wat luiperdwelpie soog

Die foto wat wêreldwyd opslae gemaak het (Foto: Joop van der Linde/Ndutu Safari Lodge)

ʼn Amerikaanse organisasie wat hom beywer vir die bewaring van wildekatte het vandeesweek gesê hy is verbaas oor ʼn foto wat by die Ndutu Safari Lodge in Tanzanië geneem is wat wys hoe ʼn leeuwyfie ʼn luiperdwelpie soog.

Luke Hunter, president van die organisasie Panthera, sê dit is alombekend dat soogdiere welpies soog of “aanneem” wanneer hul ma dood is of selfs net die welpie verwerp het, maar dit is die eerste keer ooit dat daar bewyse is waar dit tussen groter karnivore plaasvind.

Hunter het gesê dit is “hoogs ongewoon” dat ʼn leeuwyfie ʼn welpie van ʼn ander ras soog, en dat dié foto van die Ndutu Safari Lodge die eerste bewys daarvan is.

“Dis is werklik ʼn unieke voorval,” het Hunter gesê. “Ons ken geen ander voorbeeld van dié soort onder wilde katte in die natuur nie.”

Hy sê die leeuwyfie se “moederinstink” is moontlik beïnvloed deur die onlangs geboorte van haar eie welpies.

Die foto is geneem deur Joop van der Linde, ʼn besoeker aan die Ndutu Safari Lodge.

Dié lodge het die leeu intussen as “Nosikitok” geïdentifiseer. “Nosikitok” in die taal KiMaa beteken “moedersmelk”.

Volgens Hunter sal ‘n leeuwyfie gewoonlik ‘n luiperdwelpie doodmaak aangesien die welpie bloot gesien sal word as nog ‘n “vleisetende mededinger” in die natuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leeutjie ·

Ek dink weer die leeuwyfie is slim!! Hy is nog te klein vir ‘n lekker happie! Sy maak hom eers groot dan hap sy hom!!

Klippie ·

Daardie halsband is baie styf om die Leeuwyfie se nek – die arme ding!

Cherokee ·

Sy sal haar kind moet weghou tussen ander leeus. Maar sy haar welp beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.