Soorte resepte:

Wêreldpizzadag: Vinnige feite oor pizzas

(Foto: Pixabay)

Vandag is Wêreldpizzadag, en of jy nou glo dat pynappel wél op pizza hoort of nie, is hierdie lekker gereg iets wat in byna alle dele van die wêreld geniet word. Hier is ʼn paar feite oor pizza wat jy dalk nie geweet het nie:

  • Die grootste pizza wat nóg gemaak is, is in Suid-Afrika gemaak in Norwood, Johannesburg, in 1990. Dié pizza was 37,4 m in deursnee. Om die pizza te maak is 500 kg meel, 800 kg kaas en 900 kg tamatiepuree gebruik.
  • Sowat 3 miljard pizzas word jaarliks wêreldwyd verkoop.
  • Altesaam 36% van alle pizzas wat in die VSA verkoop word, word bestel met pepperoni op.
  • Die woord “pizza” is meer as ʼn duisend jaar oud, en is die eerste keer gebruik in ʼn Latynse teks in die suide van Italië in 997.
  • Inkvis-pizza is een van die gewildste pizzas in Japan.
  • Sowat 350 snye pizza word elke sekonde in die VSA geëet.
  • Kinders tussen die ouderdomme van drie en 11 verkies pizza bo enige ander kos vir middagete én aandete.
  • Die Hawaise pizza is in 1962 in Kanada uitgedink deur Sam Panopoulos van Griekeland.
  • Soveel as 61% van mense verkies ʼn gewone dun pizzabasis, 14% verkies ʼn dik panbasis en 11% verkies die basis ekstra-dun.
  • Altesaam 62% van Amerikaners verkies vleis op hul pizza terwyl 38% ʼn vegetariese opsie verkies.
  • Vroue is twee keer meer geneig om groente op hul pizza te bestel as mans.
  • Mense eet pizza meestal op ʼn Saterdag.
  • Die langste pizza-aflewering ter wêreld was meer as 11 000 km van Kaapstad tot in Sydney, Australië.
  • Die duurste pizza wat nog ooit gemaak is was deur die restaurateur Domenico Crolla en dit het meer as R40 000 gekos. Dié pizza het bolaagkombinasies van gerookte salm, eetbare goud, wildsvleis, kreef wat in duur konjak gemarineer is en kaviaar wat in sjampanje geweek is, bevat.
  • ʼn Pizza is in 1974 reeds vir die eerste keer deur middel van tegnologie bestel.
  • Pizza Hut het in 2001 die eerste pizza by die Internationale Ruimtestasie afgelewer. Dit was die eerste pizza in die ruimte.

Bron: Pizza Need

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maggies ·

Julle moes ons vroër laat weet het. (Ha ha ha) Die meeste dames het al klaar aandete voorberei.

Harry ·

‘n Lekker pizza is op sy tyd ‘n goeie stukkie kos. Gaan definitief vir my vandag ‘n pizza bestel. Lekkerrrrrrrrr…..

Danie ·

Die berig is gister geskryf.
Ek neem aan pizza dag was gister so ongelukkig kon ek nie deelneem nie.

Johan ·

Ek wonder hoe het die pizza wat van Kaapsrad na Sydney afgelewer is deur Australië se streng doeane gekom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.