Wêreldwye haaisensus gehou

Aas word aan kameras vasgemaak om inligting in te win Foto: Florida International University

Aas word aan kameras vasgemaak om inligting in te win Foto: Florida International University

’n Internasionale haaisensus word later vandeesmaand gehou, en sal na verwagting sowat drie jaar neem om te voltooi. Die see om suidelike Afrika word as een van die prioriteitsgebiede gelys om aandag te kry, aangesien min data oor die haaibevolking van dié gebied bekend is.

Die “sensus” word deur die Global FinPrint, ‘n internasionale haaibewaringsorganisasie, gehou. Dit word deur die medestigter van Microsoft, Paul G. Adams gefinansier. Sowat $4 miljoen is beskikbaar gestel.

Die doel is om vas te stel hoe belangrik die bewaring van haaie is, en waar die fokus behoort te val. Die organiseerders meen te min data bestaan nou oor ongeveer die helfte van die haaispesies om sonder die sensus enige gevolgtrekkings te maak.

Daar sal onder meer van kameras met aas gebruik gemaak word om die data te bekom.

Lees meer: Phys.org,  Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Sluit dit ook in as ek vir iemand met die hand waai en skree “haai” !?
Sal maar versigtig wees want netnou vra hulle my of ek ‘n haai gesien het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.