Wêreldwye probleem met Facebook se bedieners

Die foutboodskap op die intekenbladsy

Die foutboodskap op die intekenbladsy

JONGSTE: Dit wil voorkom of die probleem net meer as ‘n halfuur lank geduur het.
Die gewilde sosialemedia-platform Facebook het Vrydagaand ʼn foutboodskap aan meeste van sy gebruikers wêreldwyd vertoon.

Gebruikers het op Twitter hul frustrasie uitgespreek dat hulle nie toegang tot Facebook het nie.

Facebook het self nog nie reageer nie, buiten die boodskap op die intekenbladsy: “Iets het skeefgeloop. Ons probeer dit so gou as moontlik herstel.”

Dit is nog nie duidelik wat fout is of wanneer die fout herstel gaan word nie.

Suid-Afrikaners het Vrydagaand omstreeks 17:55 die foutboodskap vir die eerste keer gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leeann ·

Ons sukkel permanent met n sein of met fb wat nie wil oop maak nie, of n boodskap stuur … Confused. Intussen moet ons ons kontrak maandeliks stiptelik betaal maar het die helfte van die tyd nie diens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.