Werk kwyt ná sy vir Trump die vinger wys

Briskman het die foto intussen haar profielfoto op Facebook en Twitter gemaak.

ʼn Vrou van Virginia in die VSA is haar werk kwyt nadat ʼn foto van haar geneem is waar sy vir pres. Donald Trump se konvooi die middelvinger wys.

Juli Briskman (50) is deur ʼn fotograaf wat saam met Trump se konvooi gereis het afgeneem terwyl sy vir die konvooi middelvinger gewys het. Die voorval het plaasgevind toe Trump en sy konvooi op 28 Oktober van sy gholfbaan in Sterling teruggekeer het.

“Hy het verbygery en my bloed het net begin kook…. Net ʼn derde van Puerto Rico het krag. En ek dink toe … hy is al weer op die gholfbaan,” het Briskman aan Huffington Post gesê.

Die foto is die volgende dag op Twitter geplaas waar dit soos ʼn veldbrand versprei het. Briskman het die foto as haar profielfoto gebruik op Facebook en Twitter en haar werkgewer, Akima LLC, in kennis gestel van die herrie daaroor op sosiale media.

Die ma van twee is drie dae later afgedank. Volgens Akima LLC het Briskman hul beleid rakende sosiale media oortree en kon sy die maatskappy se reputasie skade aandoen. Akima het nie op navrae van Washington Post gereageer nie en Maandag hul webtuiste verwyder.

Briskman het intussen aan die publikasie gesê sy sal dit weer doen.

Die foto is deur Brendan Smialowski geneem vir AFP en Getty Images.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Willie ·

En Malema doen dit sommer in die Parlament met JM, en sit nog in die Parlament…

not in wonderland ·

Kyk, sy het guts, maar weereens, mens kan dink wat jy wil maar nie wys of sê wat jy wil nie.

christa ·

kan grootmense so tekere gaan oor so nietigheid. Soos ek reeds gese het…. small things amuse a small mind. Hoeveel petrol word vermors om een persoon te vervoer, ‘n hele konvooi. .

Gerhard ·

Dit is nie een persoon wat vervoer word nie. Dit is die die president , sy wagte en soms ander lede van die presidensie. Die posisie van die president van die VSA word beskou as die magtigste in die wereld en daarom die is dit so groot bohaai. Dit is verseker nie ‘n klein dingetjie.

A Mac ·

Sal dit nou nie ironies wees as Trump vir haar ‘n werk gee net omdat sy haar demokratiese reg van vryheid van spraak beoefen het en haar werk haar daaroor afgedank het?

Leahim ·

My opinie is dat Pres Trump huidiglik die beste presedent in die wêreld is die vrou is net bederf ek wonder as dit haar reaksie was sou sy seker Zuma se konvooi wat seker heelwat groter is as Pres Trump sin met klippe gegooi het.

Andre ·

Sy is reageer soos wat die Demokraties beheerde media wil he. Maar wat doen sy self omtrent Puerto Rico se krag, hoekom nie gaan help nie, geld stuur of ‘n besig begin wat krag installeer? Wat doen die mense van Puerto Rico vir hulself? Trump is seker ook geregtig op golf speel as sy kan fiets ry terwyl daar nie genoeg krag in Puerto Rico is nie! Mense wat sulke handtekens gee het ook nie opvoeding of selfbeheersing nie. Ma van drie, arme kinders.

Callie ·

As SA tog net n Trump kan kry om n slag vir SA se mense op te staan

Pietman ·

Trump of die VSA het geen verantwoordelikheid teenoor Puerto Rico se krag nie . Die vrou is mal.

FM ·

Hierdie Puerto Rico is ‘n Amerikaanse gebied (eiland) wat deur ‘n orkaan getref is en massiewe skade is aangerig. Die inwoners is Amerikaanse burgers. Gevolglik het die VSA regering verantwoordelikheid.

bgj van der westhuizen ·

wel as sy dink dit was mos van petol moet sy suid afika se blou lig voertuie sien en nie eers praat van al die zuma se vroue wat almal vervoer moet word nie en eers van hom self nie

FM ·

Die Puerto Rico waarna verwys word is ‘n ‘n eiland wat aan Amerika behoort en die inwoners is Amerikaners. Die eiland is deur ‘n orkaan getref wat massiewe skade aangerig het. Dus het die VSA regering ‘n verantwoordelikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.