Werklose vrou verdrink kinders

Argieffoto

Argieffoto

‘n Werklose ma van België het glo haar twee seuntjies verdrink nadat haar man ook sy werk verloor het.

Die vrou, wat in 1987 gebore is, het haar twee seuns, onderskeidelik twee en ses jaar oud, slaappille ingegee nadat haar man Saterdag die huis verlaat het. Sy het die twee seuntjies toe glo hierna in die bad verdrink en hulle in die bed gesit.

Met haar man se terugkeer het sy aan hom gesê dat sy die kinders reeds in die bed gesit het. Die man het eers die volgende oggend ontdek dat die kinders dood is. Die vrou is in hegtenis geneem en aangekla.

“Sy was erg ontsteld oor hulle ernstige finansiële situasie en het gesê dit is die enigste oplossing wat sy kon vind om te verhoed dat haar kinders ongelukkig grootword,” het Philippe Dulieu, die staatsaanklaer,” gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Agge nee, waarom dan nie die kindertjies uitgegee het vir aanneming nie. Om hulle te verdrink was nie die oplossing nie.

hilde ·

Ja jy leef maar die onskuldige kinders wat die Here aan jou toe vertrou het leef nie meer nie. Dit is selfsugtig en regtig n crap verskoning. Slegte ma. Ons het almal ups en downs maar moord is nie die oplossing nie. Kinders is ons grootste geskenk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.