Werknemer skiet kollegas by Amerikaanse brouery

‘n Ambulans buite die Molson Coors-brouery in Milwaukee, Wisconsin. (Foto: Morry Gash, AP)

Vyf mense is dood toe ’n werknemer by een van die grootste brouery in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin op personeel losgebrand het. Die werknemer (51) het homself kort daarna om die lewe gebring.

Die voorval het Woensdag by die Molson Coors-brouery in die stad Milwaukee plaasgevind. Die brouery is geleë in ’n kompleks wat korporatiewe kantore en brougeriewe insluit. Minstens 600 mense werk by die kompleks.

Die motief vir die voorval is in die stadium onbekend.

“Daar was vyf individue wat vandag werk toe gegaan het, gedink het hulle gaan werk, hul dag afsluit en na hul families terugkeer. Hulle het nie na hul families teruggekeer nie en tragies genoeg, sal hulle nooit weer nie,” sê Tom Barrett, burgemeester van Milwaukee, in reaksie op die voorval.

Polisiebeamptes buite die Molson Coors-brouery in Milwaukee, Wisconsin. (Foto: Morry Gash, AP)

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het intussen sy medelye betuig. “Dit is ’n vreeslike ding. Ons harte gaan uit na die mense van Wisconsin en die [slagoffers] se gesinne,” het Trump gesê.

Die slagoffers is in die stadium nog nie geïdentifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Magda ·

Ai dis so tragies – sterkte aan almal wat geraak word deur die tragedie.

Gawie ·

En nog steeds skop die Amerikaners teen die geringste vuurwapenbeheermaatreëls. Wanneer gaan die bloedvergieting ophou?
Gaan leer by Nieu Zealand hoe dit gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.