Wes-Kaap wêreld se uitwissingshoofsetel

Foto: http://www.whatsonincapetown.com/wp-content/uploads/2014/04/Cape-Floral-Kingdom.jpg

Foto: http://www.whatsonincapetown.com/wp-content/uploads/2014/04/Cape-Floral-Kingdom.jpg

Meer as 1,700 van die plantspesies in die Wes-Kaap word deur uitwissing bedreig, berig Pro-Agri. Dit is gelyk aan tot 68% van Suid-Afrika se bedreigde plante. Van die plantuitwissings wat in Suid-Afrika bekend is, was meer as die helfte (21 spesies, 65%) in die Wes-Kaap.

Die Wes-Kaap verloor spesies honderd keer vinniger as die natuurlike tempo van uitwissing, sê prof. Gavin Maneveldt van die department van biodiversiteit en bewaring aan die Universiteit van die Wes-Kaap en CapeNature, in ‘n voorwoord van die amptelike program vir die tweede Cape Floral Kingdom Expo (CFKE), wat op Donderdag, 28 Augustus in Bredasdorp begin.

“Suid-Afrika spog met ’n uitstekende hoë biodiversiteit (derde beste na Indonisië en Brasilië) met ongeveer 24 000 inheemse plantspesies wat tot dusver aangeteken is,” het Maneveldt gesê. “Op ‘n per oppervlakte basis, het die Wes-Kaap die hoogste konsentrasie van plantspesies in die wêreld.”

Die CFKE, wat in 2013 meer as 6 000 besoekers gelok het, is die grootste onderdak fynbosskou ter wêreld wat op die bewaring van die Kaapse blommeryk se ryk biodiversiteitskat fokus. Die ekspo is vier dae lank oop vir die publiek en word aangebied deur die Agri Mega Groep en sy botaniese vennote.

Maneveldt sê sowat 11% (129,462 km2) van Suid-Afrika se grondgebied word begroei deur dié plante en die Wes-Kaap is die tuiste van meer as die helfte (56% van alle plante, 51% van alle voëls, 51% van alle soogdiere en 65% van alle vis) van die land se biodiversiteit.

“Die Kaapse Floristiese Streek (KFS), oftewel die Cape Floral Kingdom (CFK), die kleinste van ses erkende blommeryke in die wêreld, is ‘n gebied van buitengewone hoë diversiteit en endemisme (ongeveer 70% van plante is endemies),” het hy bygevoeg. “Die KFS val bykans heeltemal (79%) binne die Wes-Kaap en dit is hierdie blommeryk wat die streek so spesiaal maak. Hierdie merkwaardige streek se watervoorsiening vir plant- en dierelewe is ook ernstig in gedrang.”

Die bedreiging vir die land se biodiversiteit word oor die algemeen geklassifiseer as ’n  historiese- of opkomende bedreiging. Die drie belangrikste historiese bedreigings is volgens Maneveldt permanente verlies aan habitat (insluitend stedelike uitbreiding, ontwikkeling van infrastruktuur en landbou uitbreiding); uitheemse plantspesies (wat indringer plante verplaas); en die agteruitgang van habitat (deur oorbeweiding en ’n bonatuurlike frekwensie en intensiteit van vuur).

Die twee mees opkomende bedreigings is klimaatsverandering en nuwe siektes. Vir elk van hierdie bedreigings, het die mensdom ‘n gedefinieerde invloed en dit is nou só goed gevestig dat menslike aksies afbrekend is vir die aarde se natuurlike hulpbronne, teen ‘n ongekende tempo.

Maneveldt wys daarop dat 20 Augustus 2014, Aarde Oorsskrydingsdag is, die datum wat die mensdom die hulpbronne wat dit die planeet twaalf maande neem om te produseer, vir hierdie jaar sal uitput. “Vir die res van die jaar sal ons leef op hulpbronne wat geleen is by toekomstige geslagte. Hierdie datum is ‘n deurlopende herinnering van die globale invloed wat die mensdom gehad het op die biodiversiteit regoor die planeet, ons tuiste,” het hy gesê.

Besprekings vir die Cape Floral Kingdom Ekspo 2014 kan by www.computicket.co.za gedoen word. Navrae oor die skou word gerig aan Trushka Badenhorst by[email protected]  of 021 863 0397.

Bron: Pro-Agri

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.