Wetenskaplikes bevestig gravitasiegolwe

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Amerikaanse navorsers het Donderdag bekend gemaak dat hulle gravitasiegolwe bespeur het, iets wat Albert Einstein 100 jaar gelede vir die eerste keer beskryf het as “rimpels in die struktuur van ruimte-tyd”.

Wetenskaplikes van Caltech en die Massachusetts Instituut van Tegnologie (MIT) het die aankondiging uit Washington en op ander plekke wêreldwyd gemaak.

Daar was dadelik sprake dat die groep weens dié ontdekking moontlik die Nobelprys in Fisika kan ontvang.

Die sein, wat deur LIGO, ʼn sterrewag met twee persele in die VSA, opgetel is, was baie duidelik en daar bestaan geen twyfel dat dit ʼn direkte bewys van die golwe is nie, het Bruce Allen, waarnemende direkteur van Duitsland se Max Planck- Instituut vir Gravitasie Fisika, gesê. Hy het gesê twee wetenskaplikes van sy groep in Hanover, Duitsland, het eerste die effek waargeneem.

Dié aankondiging kan Albert Einstein se laaste teorie, wat nog nie bewys is nie, bevestig.

Lees meer: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HEVW ·

Sekerlik n prestasie, maar terselfdertyd beteken dit dat ons in n bepaalde sin 100 jaar agter geraak het.

Gideon Roos ·

Dit is wonderlik om te sien hoe wetenskap eb menslike kennis vorder en ontwikkel. Ek is baie bly vir die wrtenskaplikes. Baie spandeer hulle hele loopbaan op die soektog na soortgelyke bevindings, maar sterf sonder resultate. Aanhouer wen, egter.

Emile ·

Hier word “gravitational waves” vertaal as “gravitasiegolwe”.

Daar bestaan egter ook “gravity waves”, ‘n atmosferiese verskynsel wat iets anders is as “gravitational waves” en waarskynlik ook as “gravitsiegolwe” vertaal sal word.

Kan iemand asb vir ons die korrekte Afrikaans vir beide terme gee?

re

Johan 2 ·

Beteken dit dat as ons dit kan meet ons dit kan manupileer ook?! Massa manupileer gravitasie of wek die golwe op? Dit is baie interessant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.