Wetgewing wat rook beperk positief vir kindergesondheid

RookverbodWetgewing wat beperkings op rook plaas, soos ‘n rookverbod in openbare geboue, het ‘n positiewe uitwerking op die gesondheid van kinders, blyk uit wêreldwye navorsing wat pas in die vaktydskrif, The Lancet, gepubliseer is.

Die navorsers van die Universiteite van Maastricht, Hasselt, Edinburgh en Harvard het navorsing wêreldwyd van 2,5 miljoen kinders versamel, asook 250 000 hospitaalopnames en noodhulpbehandeling van kinders weens asma.

Die statistiek bevestig vorige bevindings wat in België gedoen is. Uit die wêreldwye navorsing blyk dit dat die verbod op rook in openbare ruimtes tot ‘n vermindering van 10% in vroeggebore babas lei, terwyl die hospitaalopnames en noodhuldbehandeling vir asma ook met 10% afgeneem het.

Op die oomblik word slegs ‘n sesde van die wêreldbevolking deur streng wetgewing teen rook beskerm. Die navorsers kom tot die slotsom dat hul bevindings stukrag verleen aan die Wêreldgesondheidsorganisasies se oproep dat strenger wetgewing wêreldwyd ingestel moet word.

‘n Volledige artikel in Health.am kan hier gelees word.

Bronne: BBC, De Standaard, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Die euwel kan uitgeroei word deur ‘n algehele verbod op rook te plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.