WGO diep bekommerd oor ‘lang-Covid’

Maria van Kerkhove van die WGO (Foto: Martial Trezzini/Keystone via AP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het met byna 200 miljoen mense reg oor die wêreld wat reeds Covid-19 opgedoen het, nou ook sy kommer uitgespreek oor die onbekende aantal mense wat aan sogenaamde lang-Covid ly.

“Hierdie post-Covid-sindroom, of lang-Covid, is iets waaroor die WGO diep besorg is,” het Maria van Kerkhove, die WGO se Covid-19- tegniese leier, gedurende ’n mediakonferensie gesê.

Van Kerkhove het die publiek daarvan verseker dat die WGO bewus is van sogenaamde lang‑Covid en het dié sindroom as ’n werklikheid bestempel.

“Baie [mense] ly aan langtermyngevolge.

“Ons weet nie hoe lank die duur van hierdie gevolge is nie, en ons werk aan ’n gevalledefinisie om hierdie post-Covid-sindroom beter te verstaan ​​en te beskryf.”

Lang-Covid blyk in dié stadium een van die raaiselagtigste aspekte van die Covid-19-pandemie te wees.

Volgens Van Kerkhove is die WGO tans besig om beter rehabilitasieprogramme vir lang-Covid -pasiënte van stapel te stuur en omvattende navorsing te doen om ’n beter begrip te kry van wat die sindroom is en hoe dit bestuur kan word.

(Argieffoto: Pixabay)

Die organisasie het vanjaar reeds ’n reeks seminare gehou om sy begrip te verbeter van die versameling voortslepende simptome wat nog maande lank duur nadat pasiënte van ernstige Covid-19-infeksie herstel het.

Simptome sluit in moegheid, asemhalingsprobleme, kortasem, gewrig- en borspyn.

Janet Diaz, hoof van kliniese sorg by die WGO se noodprogram wat die organisasie se lang-Covid -navorsing lei, het Dinsdag gesê meer as 200 simptome is reeds aangemeld.

Volgens Diaz ervaar sommige pasiënte sowat drie maande post-Covid-simptome en ander tot ses maande.

“Ons is bekommerd dat daar ’n klein [aantal mense] kan wees [wie se simptome] tot nege maande en langer kan duur,” het Diaz gesê.

Diaz het voorts gesê die oorsaak van die post-virale simptome word nog ondersoek. Verskillende hipoteses, waaronder neurologiese probleme, die immuunrespons op die infeksie en die voortbestaan van die virus in sommige organe, maak deel van die ondersoek uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Renata

Daar is in 2020 al bekend gemaak dat hierdie mensgemaakte virus gaan veroorsaak dat die mense wat covid gekry en herstel het nooit weer volkome sal herstel nie en dat daar nagevolge, soos genoem in die berig, vir baie jare nog in die pasient sal voorkom. Het die WGO dan nie ag geslaan op die spesialiste se bevindings in 2020 nie of wou hul dit eenvoudig nie glo nie en word nou met die realiteit gekonfronteer? Toe die spesialiste dit in 2020 bekend gemaak het, is hul gesensor en as belaglik uitgekryt. Wonder wat nog alles gaan uitkom wat as… Lees meer »

VaalDonkie

Ja toemaar, ons is almal bekommerd oor Lang-Lockdown

marius

Die wgo is ‘n ledemaat van diegene wat hierdie verskrikking opsetlik oor die wereld gebring het . Glo dit maar .

Grant

Ek weet van niemand wat na 2 weke heeltemal herstel het nie. Almal van wie ek weet wat Covid gehad het, en dit oorleef het, het nog simptome vir maande lank.

Frank John

Net God se ingryping gaan ons kan help. Die woord van God het ons gesê dat waneer die dinge gebeur moet ons weet Sy koms is naby.