WGO-hoof in selfisolasie

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO. Foto: (Jean-Christophe Bott/Keystone via AP)

Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), is in selfisolasie nadat hy in aanraking gekom het met iemand wat intussen positief getoets het vir Covid-19.

Adhanom Ghebreyesus het Maandag by die WGO se weeklikse mediakonferensie bekend gemaak dat hy moontlik aan Covid-19 blootgestel is.

“Dit is in dié stadium van kritieke belang dat ons almal aan gesondheidsriglyne voldoen. Dit is hoe ons die ketting van oordrag sal breek, die virus sal onderdruk en gesondheidstelsels sal beskerm,” het hy gesê.

Daar is op die mediakonferensie verwys na die sukses van sommige lande in die hantering van die pandemie sowel as na ander lande wat spook om infeksies af te weer.

Adhanom Ghebreyesus het spesifiek verwys na Europese lande en die VSA wat sukkel om die koronavirus hok te slaan terwyl hy Suid-Afrika se hantering van die virus aangeprys het.

“Daar is baie lesse uit die Republiek van Korea, Suid-Afrika en Sierra Leone wat ander lande kan help om die virus te onderdruk, lewens te red en gesondheidswerkers en hospitale te beskerm,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Oe gooiste! Ou Dr Mkhize gaan seker een kyk gee na die ou in selfisolasie en dadelik Vlak 6 instel!

andre ·

Dr Tedros Adhanom Ghebreyesus se geskiedenis en suksesrekord sal interessant wees

Jacobus ·

Klink baie soos ons ministers wat self isoleer – o ja die gees van vrees moet gehandhaaf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.