WGO-kenners na China vir ondersoek na korona-oorsprong  

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus. Foto:(Salvatore Di Nolfi/Keystone via AP)

Twee kenners van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is na China gestuur om te begin met ʼn ondersoek na die oorsprong van die koronavirus-pandemie.

ʼn Kenner in dieregesondheid en ʼn epidemioloog sal Chinese afgevaardigdes ontmoet om die logistiek rakende die ondersoek te bepaal, insluitend plekke wat tydens die ondersoek besoek sal word en die deelnemers aan die ondersoek.

Een van die groot kwessies wat ondersoek sal word, is die kwessie of die virus van diere na mense oorgedra is, het dr. Margaret Harris, WGO-woordvoerder, gesê.

Wetenskaplikes vermoed dat die virus sy oorsprong by vlermuise gehad het en toe na ander diere soos ʼn sivetkat en ietermago versprei het voordat dit na mense oorgedra is. ʼn Uitbreking einde verlede jaar het die fokus geplaas op ʼn mark in Wuhan, maar die ontdekking van vroeëre gevalle dui daarop dat die dier-tot-mens-oordrag moontlik elders plaasgevind het.

Meer as 120 lande het in Mei vanjaar versoek dat ʼn ondersoek gedoen word na die oorsprong van die virus.

Die WGO gaan intussen ook ʼn onafhanklike paneel op die been bring om sy hantering van die Covid-19-pandemie en wêreldlande se reaksie daarop te evalueer.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, het gesê Helen Clark, voormalige premier van Nieu-Seeland en Ellen Johnson Sirleaf, voormalige Liberiese president, sal aan die hoof van die paneel staan.

“Dit is tyd vir selfrefleksie, om na die wêreld waarin ons leef te kyk en maniere te vind om ons samewerking te versterk terwyl ons voortgaan om lewens te red en hierdie pandemie onder beheer te bring,” het Ghebreyesus gesê. “Die omvang van hierdie pandemie, wat feitlik almal ter wêreld geraak het, verdien duidelik ʼn eweredige evaluering.”

Die paneel sal in November ʼn tussentydse verslag voorlê gevolg deur ʼn substantiewe verslag in Mei aanstaande jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Die Wolf ·

Ag asseblief! Dink hulle vir een oomblik dat die waarheid ontbloot sal word. Lankal onder die mat ingevee. WGO het hulle maatjie baie tyd gegee om van die bewyse ontslae te raak. Korrupte spul.

marius ·

Biologiese oorlogvoering deur die mees ongenaakbare nasie ooit , in opdrag van diegene wat die wereld
regeer . Dis die waarheid.

Marthinus W ·

Amerika het meer as 18 biologiese oorlogvoeringslaboratoria in Europa en Asie. Die jongste, in Armenie, het onlangs “probleme” ondervind.

Therese ·

Noudat alle spore in China uitgevee is, gaan die WHO die oorsaak en sommer hulself ook daar ondersoek.
Wat ‘n absolute tragiese komedie is 2020-Covid-19 nie!

Hennie ·

Sal dit nie beter wees om die duiwel aan te stel om die oorsprong van sonde te ondersoek nie? Vra namens ‘n “imaginary” vriend…

Co ·

Stuur die voormalige NZ premier en Liberiese president! Nee, stuur Trump en ‘n paar an sy manne, hulle sal agter die kap van die byl kom!

Alleen Wolf ·

Die WGO is die enkele grootste oorsaak van die ellende waarin die wereld verkeer en is alweer besig om bangmaak praatjies te verkondig, hulle is in China se sak en sal met niks konkreet vorendag kom nie, alles net ‘n foefie om hulle agterbakse handelinge te verdoesel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.