WGO maan Madagaskar om Covid-19-middel te toets

(Foto: Andry Rajoelina/Facebook)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) maan Madagaskar om ʼn kruiemiddel, wat volgens pres. Andry Rajoelina ʼn geneesmiddel vir Covid-19 is, wetenskaplik te toets.

“Ons het ons ondersteuning aangebied om ʼn studie te ontwerp om dié produk te ondersoek,” het Matshidiso Moeti, Afrika-direkteur van die WGO, Donderdag gesê.

Die WGO het met pres. Rajoelina en die land se minister van gesondheid vergader om te bepaal onder watter toestande só studie kan plaasvind om die doeltreffendheid van die produk te bepaal, het Moeti bygevoeg.

“Ons ontmoedig nie die gebruik van die produk nie, maar ons sal dit eers wil toets. Sodoende is dit gebaseer op bewyse wanneer dit wyd beskikbaar gemaak word.”

Die kruiemiddel, “Covid Organics”, word voorberei deur die Malgassiese Instituut vir Toegepaste Navorsing. Dit bevat als, ʼn plant wat op die Indiese Oseaan-eiland gekweek word.

Ondanks ʼn gebrek aan wetenskaplike bewyse, voer Rajoelina aan dat die middel reeds ʼn paar Malgasse van Covid-19 genees het. Daar word van kinders wat na die skool terugkeer, vereis om dit te gebruik.

“Hierdie plant versterk die immuniteit en beskerm mens teen verskeie virusse en koors en veral longsiektes,” het Rajoelina gesê.

Die instituut se direkteur-generaal, Charles Andrianjara, het intussen slegs na die middel as “voorkomend” verwys.

Dit word gratis versprei aan kwesbare persone en word in die handel verkoop.

Tanzanië se president John Magufuli het vroeër in Mei aangekondig dat hy ʼn bestelling geplaas het vir “Covid Organics”.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flip ·

Hoekom toets niemand dit nie? Is die groot medisyne maatskappye bang hullle gaan miljarde verloor as hierdie natuurlike produk van Madagascar werk?

Dirk Mostert ·

Natuurlik wil die WGO niks van ander kure weet nie. Inentings met hul entmiddel + mikroskyfies is ‘n ideale manier om almal op aarde te merk. Lank voor Covid-19 reeds beplan. Google “id2020”

Robert ·

WGO will alles eers laat toets, dit is mos maklik om dit te ontleed en dan sal dit duidelik wees wat werk of nie werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.