WGO verwerp versoek om Olimpiese Spele uit te stel

Grafika: Anis-Instituto de Bioética

Grafika: Anis-Instituto de Bioética

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê daar is “geen regverdiging” om die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro uit te stel of te kanselleer oor die Zika-uitbreking nie.

Minstens 150 gesondheidskenners het ʼn ope brief aan die Verenigde Nasies se gesondheidsorganisasie gerig en versoek dat die Spele “in die naam van openbare gesondheid” vertraag of geskuif moet word. Hulle voer aan daar is wetenskaplike bewyse dat die Zika-virus erge geboortedefekte veroorsaak, waaronder babas wat met ongewone klein koppies gebore word.

Die WGO het gesê volgens ʼn huidige assessering sal ʼn kansellasie van die Spele, of om dit na ʼn ander land te skuif, nie ʼn noemenswaardige impak op die internasionale verspreiding van die virus hê nie.

Brasilië is een van bykans 60 lande waar die virus deur muskiete oorgedra word.

Volgens die ope brief sal ongeveer 500 000 persone na Rio de Janeiro reis vir die Olimpiese Spele.

Lees alle vorige berigte oor die Zika-virus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Duitswes ·

WGO, voorkoming is beter en goedkoper as nasorg!
Geld & Roem koop nie gesondheid nie al is jul verskoning dat daar reeds 60 lande is waar dit voorkom…SA stel nie belang in nog gesondheidsprobleme nie; DANKIE.
Wat is die moontlikheid vir ‘n Zika en Malaria mutasie of iets nog dergliker in Afrika wat kan lei tot ‘n supervirus met vele meer sterftes as tans die geval met malaria?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.