WGO wil Chinese laboratoriums oudit oor virus

‘n Lugfoto van die Wuhan-instituut vir virologie se kampus in China. Die laboratorium doen navorsing oor sommige van die wêreld se gevaarlikste siektes en word deur sommiges daarvan beskuldig dat dit die oorsprong van die dodelike Covid-19-virus is. (Foto: Hector Retamal/AFP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het verlede week aangekondig dat hy beplan om Chinese laboratoriums te oudit. Dié stap kom te midde van toenemende bewerings dat die Covid-19-virus in ʼn biotegnologie-laboratorium in Wuhan ontstaan het.

Maroela Media het in Junie berig pres. Joe Biden het Amerikaanse intelligensieagentskappe opdrag gegee om binne drie maande verslag te doen oor hoe die virus versprei het.

In ʼn verslag wat verlede jaar opgestel is, beweer die Lawrence Livermore-laboratorium dat die hipotese dat die virus uit ʼn laboratorium in Wuhan versprei het, wel geloofwaardig is.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die WGO, het gesê die beplande oudits sal relevante laboratoriums en navorsingsinstellings in gebiede waar die eerste Covid-19-gevalle aangemeld is, insluit.

China se adjunk-minister van gesondheid, Zeng Yixin, het egter gesê hy is verbaas dat die WGO met die oudits wil voortgaan.

Yixin meen gerugte oor ʼn moontlik mensgemaakte virus is absurd en sê dat die betrokke laboratoriums in Wuhan nooit navorsing op koronavirusse gedoen het nie.

Beijing hou steeds vol dit is hoogs onwaarskynlikheid dat die virus in ʼn laboratorium ontstaan het, hoewel ʼn span kundiges van die WGO in Januarie tot die gevolgtrekking gekom het dat dit wel moontlik is.

Chinese amptenare en staatsmedia is eerder van mening dat die virus uit die Amerikaanse militêre navorsingslaboratorium in Fort Detrick, Maryland, afkomstig is.

Geen ongelukke by Wuhan-laboratorium

Yuan Zhiming, direkteur van die nasionale bioveiligheidslaboratorium by Wuhan se instituut vir virologie, het Donderdag gesê dat geen patogene sedert 2018 uit dié laboratorium ontsnap het nie en dat geen personeel per ongeluk besmet is nie.

China het egter die afgelope ruk onder beskuldigings van die WGO deurgeloop oor sy klaarblyklike gebrek aan deursigtigheid, nadat ʼn span wetenskaplikes vroeër vanjaar toegang tot Chinese laboratoriums geweier is.

“Ons doen ʼn beroep op die Chinese regering om deursigtig te wees tydens dié oudits en saam met ons te werk om antwoorde te kry,” het Ghebreyesus gesê.

Ghebreyesus het ook gevra dat die dieremarkte in en om Wuhan weer deeglik ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Snowball ·

Die klomp kommuniste gaan hulle Chinese boude aan die WGO afsmeer.

Jacobus ·

Wat wil ou Tedros nog weet waarvan hy nie al 3jaar bewus is nie.. .

Elinette ·

Hulle wil weet of die virus doelbewus gekweek is en wêreldwyd ingestuur is. Indien wel, dink ek moet China hom regmaak om miljarde dollar aan vergoeding te betaal, want dié ding het die ekonomie wêreldwyd byna vernietig.

Pieter ·

Kommuniste bly maar net gemors hulle doel is om als te vernietig.

Michal ·

Nou eers, na ń 18 maande, die lab is eers kans gegee om skoon te maak, data skoon maak

Belinda ·

ok en wat gaan hulle doen omtrend dit? die skade is klaar gedoen maak nie saak waar die virus vandaan kom nie.

NEO ·

Hoeveel corona gevalle word huidiglik in China aangemeld. Hulle is baie stil. Het seker al lankal die teenmiddel vir hulle virus ook. Wou die wêreld ekonomie tot ‘n laagte punt neem en geld maak. Hoekom is dat huidiglik China die ekonomie is met die hoogste groei koers.

Lanfear ·

China se ekonomie het die hoogste groei koers vir ‘n paar jaar al, jare voor die Covid virus begin het.

“Since opening up to foreign trade and investment and implementing free-market reforms in 1979, China has been among the world’s fastest-growing economies, with real annual gross domestic product (GDP) growth averaging 9.5% through 2018, a pace described by the World Bank as “the fastest sustained expansion by a major economy in history.” Such growth has enabled China, on average, to double its GDP every eight years and helped raise an estimated 800 million people out of poverty.”

Dit is van ‘n verslag van die CRS (Congressional Research Service) van die USA. Daar is vele ander artikels en verslae oor China se ekonomiese groei, doen net bietjie navorsing. Hulle het nie regtig iets soos die Covid virus en nagevolge nodig nie.

NEO ·

En so prys jy die kommunis. Werkers werk soos slawe met geen vryheid van spraak.

Alex ·

As hulle skuldig is, hoop ek word hulle aanspreeklik gehou vir lewens verlies, inkomstes en ekonomie wat in alle lande sy agterend sien agv van die virus. Dit kan net nie daar gelaat word nie…

Anoniem ·

Nou wat het die WGO ‘n paar maande gelede dan in China gedoen? Dis nou so goed as om te sê Zuma wil die Guptas oudit.

Anoniem ·

Nou na n jaar en half wat die virus klomp mense se lewens verander en geneem het.. eers was dit ontken dat dit uit n lab uitkom om gevoelens van mense te spaar so hoekom nou die ommeswaai? die klomp Kommies het lankal alle bewysse vernietig.. bietjie te min en bietjie te laat WGO

Pampoen ·

As die Chinese versigtiger was en ons regering vinniger vaksiene uitgerol het, het my seun dalk nog geleef.

Andries ·

Almal weet die ding al van 2019 af en niks is gedoen nie wonder hoeveel gaan betaal word om iemand stil te maak oor die bevindinge en nou word als bekend gemaak so China raak nou van al die bewyse ontslae mooi man die wereld overhede is n patetiese grap

Jack ·

Hulle is kommunisties en sal geen ondersoek toelaat nie want natuurlik steek hulle iets weg. Gates moet sy geld onttrek dalk help dit om verdere produksie te staak. Hang af waar sy kop is natuurlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.